Local newsNewsNews

Ferdie-leerder oorlede

Die Ferdie-familie se harte is stukkend oor die sterfte van Ruan Oberholzer, 'n Graad 9 leerder.

Een van Hoërskool Ferdinand Postma se Graad 9-leerders, Ruan Oberholzer, is oorlede.

Die skool het die nuus van Ruan se afsterwe Donderdag, 3 September ontvang. Hul het ‘n kort boodskap van medelye vanoggend (Vrydag, 4 September) gedeel.

“Die Ferdie-familie se harte is stukkend oor hierdie groot verlies. Ruan laat ’n leë plek in ons skoolgemeenskap, maar die mooi herinneringe aan hom sal altyd in die harte van sy vriende, medeleerders en onderwysers voortleef,” noem die skool.

“Ons innige meegevoel gaan aan die Oberholzer-gesin, familie en vriende. Mag die Here julle in hierdie moeilike tyd styf vashou en Sy vrede, krag en troos aan julle skenk. Julle is in ons gedagtes en gebede.”

Die omstandighede rondom Ruan se afsterwe is nog nie bekend aan die Herald nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button