Local newsNewsNews

Mooirivier-raakpraters behaal tweede plek

Die skool is trots op die leerders se uitsonderlike prestasie.

Vier Graad 7-leerders van Laerskool Mooirivier het op 17 September by die nasionale finaal van Kansvatter Redenaars in Pretoria gewys dat hulle beslis oor die gawe van die woord beskik.

Lisa Breed, Jana Steyn, Mariné Nel en Kiané Kemp het aan die finaal deelgeneem en moes hul redenaarsvaardighede in hul tweede taal ten toon stel.

Ten spyte hiervan het die vier jong redenaars met selfvertroue die uitdaging aangepak en ’n besonderse algehele tweede plek behaal.

Die skool is trots op die leerders se uitsonderlike prestasie en moedig hulle aan om voort te bou op hul redenaarstalente.

“Woeker voort met jul talente. Julle verlig die pad vir die raakpraters wat na julle volg. Welgedaan!” het die skool gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button