Local newsNewsNews

Mooirivier-raakpraters behaal tweede plek

Die skool is trots op die leerders se uitsonderlike prestasie.

Vier Graad 7-leerders van Laerskool Mooirivier het op 17 September by die nasionale finaal van Kansvatter Redenaars in Pretoria gewys dat hulle beslis oor die gawe van die woord beskik.

Lisa Breed, Jana Steyn, Mariné Nel en Kiané Kemp het aan die finaal deelgeneem en moes hul redenaarsvaardighede in hul tweede taal ten toon stel.

Ten spyte hiervan het die vier jong redenaars met selfvertroue die uitdaging aangepak en ’n besonderse algehele tweede plek behaal.

Die skool is trots op die leerders se uitsonderlike prestasie en moedig hulle aan om voort te bou op hul redenaarstalente.

“Woeker voort met jul talente. Julle verlig die pad vir die raakpraters wat na julle volg. Welgedaan!” het die skool gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button