Local newsNewsNews

Karate Kallie bring kampeerpret na Aardklop

Die produksie neem gehore na die denkbeeldige Willewaters-kampeerterrein, waar alles aanvanklik klink soos die perfekte vakansiebestemming.

Kampeerders, maak gereed om behoorlik te lag! “Geagte Kampeerders”, ’n skreeusnaakse Afrikaanse komedie wat kampterrein-karakters en -situasies op die man af takel, is op 2 Oktober by Aardklop 2026 te sien en dié een vertoning moet liefhebbers van goeie kamphumor nie misloop nie.

Die produksie neem gehore na die denkbeeldige Willewaters-kampeerterrein, waar alles aanvanklik klink soos die perfekte vakansiebestemming.

“Die bogemiddelde, sagte grondpad” lei glo na ekstragroot staanplekke, welige wilgerbome, kabbelende waters, ’n hengelaarsparadys, ’n ekstrabreedte-supertube en selfs mensgemaakte warmwaterbronne.

Maar soos die spreekwoord sê: As iets te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik!

Wynand van Vollenstee vertolk die rol van Oom Frik, die opsigter, eienaar en bestuurder van Willewaters. Elke Desember staan hy gereed om die groot gros Transvalers te ontvang, maar dié keer loop dinge allesbehalwe volgens plan.

Wanneer ’n groot tragedie die kampterrein tref en kampeerders noodgedwonge met Moeder Natuur, “afblaasmatrasse”, neus-in-die-lug-bure, ongeskikte kinders, ’n rondloperhond en die snobistiese chaletbewoners te doen kry, is dit nie lank voordat die gort behoorlik gaar is nie.

Die komedie beloof ’n heerlike blik op al die bekende kampkarakters wat ’n mens by feitlik elke kampeerterrein teëkom, van die bure wat altyd ’n bietjie te veel weet, tot die kinders wat hul eie reëls maak.

“Geagte Kampeerders” was in 2024 ’n topverkoper by Innibos en was ook een van die topverkopers by die KKNK.

Die produksie spog met Wynand van Vollenstee en Thiart Li in die rolle, met Van Vollenstee verantwoordelik vir die teks, regie en produksiebestuur. Cre8tability behartig die stelontwerp, Hollywood Costumes die kostuumontwerp en Martin Breedt die verhoogbestuur. Die vervaardiger is That’s Freakin Nice Produksies.

Die vertoning is ’n Afrikaanse komedie van 70 minute en is geskik vir alle ouderdomme, met ’n Geen o.13 (T)-klassifikasie.

“Geagte Kampeerders” word op 2 Oktober om 09:30 in die Aardklop-ouditorium aangebied.

Kaartjies is beskikbaar by www.aardklop.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button