SportSport

NWU weer in die Varsity Netbalfinaal na Tuks-sege

Die NWU het vir Tukkies in 'n naelbytstryd met 52-50 geklop.

Die NWU Eagles het vanaand (Maadag, 21 September) gesorg dat hul alles behalwe ‘n blou Maandag beleef en eerder net pers sien met ‘n koninklike vertoning in die Varsity Netbal-halfeindstryd teen Tukkies wat hul met 52-50 gewen het.

Met hierdie oorwinning kwalifiseer die verdedigende kampioene vir nog ‘n eindstryd teen of Kovsies (wat ‘n herhaling van die 2025-eindstryd sal wees) of UJ.

Die NWU vier hulle oorwinning teen Tukkies. Foto: Varsity Sports

Die NWU Eagles en Tukkies was tydens hierdie wedstryd wat in Pretoria plaasgevind het, gedurig kop aan kop met die telling wat 23-23 teen halftyd was.

Die Potchefstromers het wel net genoeg gehad om die oorhand te neem en ‘n oorwinning met slegs twee punte te verseker.

NWU kaptein, Vivian Venancio, is as die speler van die wedstryd aangewys vir haar uitstekende verdediging en leierskap.

“Ons het in die laaste twee minute met baie beheer gespeel en ons verdedigende kant het regte baie druk geplaas,” het NWU afrigter, Elsunet du Plessis genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button