Local newsNewsNews

Vrou van oorlede sekuriteitsman bedank gemeenskap

"Dankie dat jy by my man was in sy laaste sekondes en dat jy by hom gesit het."

Antoinette van der Westhuizen, die vrou van wyle, Jan van der Westhuizen (62) wat op 9 September in ‘n ongeluk oorlede is, bedank graag lede van die gemeenskap vir hul ondersteuning in haar tyd van nood.

Die ongeluk het omstreeks 17:30 op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Du Plooystraat daardie middag gebeur.

Antoinette bedank graag vir Danie Rothman van Danie Rothman Rekenmeesters vir hulle hulp en bystand. Sy bedank ook vir Angelique Lottering van Mooirivier Beskerming.

“Dankie dat jy by my man was in sy laaste sekondes en dat jy by hom gesit het. So ook Ruan Cato van Moorivier Nooddienste vir jou hulp.”

“Ek wil ook dankie sĂȘ vir Johan van Deventer van Funeral 2000 vir al al sy hulp met die verassing en dat alles seepglad verloop het.

Antoinette spreek ook haar dank uit aan elkeen wat gebel en boodskappe gestuur het.

Sy versoek wel dat mense sal ophou om “skinderstories te vertel” oor hoe haar man dood is, aangesien valse inligting oor die toestand van sy liggaam tydens die ongeluk haar onnodig ontstel.

“Mense moet asseblief ophou om valse inligting te deel. Ek was op die toneel en ek weet hoe my man gelyk het. Om aannames te maak oor sy liggaamsdele is onvanpas en ongevraagd.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button