Local newsNewsNews

CRYBABY bring die teenpole van grootmens en kindwees na vore by Momentum Aardklop

CRYBABY is 'n absurde tragikomedie waar 'n vier-jarige skielik oud word en in 'n ou man se lyf sit nadat hy per ongeluk 'n groot dosis slegte nuus gesien het. Gaan hy ooit weer homself kan wees?

Wat gebeur as jy skielik van ’n vierjarige kind in ’n ou man verander wat die hartseer van die lewe beleef het? Kan jy nog steeds huil soos ’n kind, of moet jy eerder huil waar niemand jou kan sien nie?

Dit is die vrae wat CRYBABY vra – ’n absurde tragikomedie wat die ongelooflike verhaal vertel van Samuel, ’n vierjarige seuntjie wat een oggend by ‘n dagsorg in ’n ou man verander nadat hy die hartseer beelde van die nuuswêreld op ’n skerm beleef het.

Die trauma is groot vir klein Samuel, sowel as sy ouers, wat nie kan glo wat voor hul afspeel nie. Sy transformasie skep talle vrae wat almal soos grootmense probeer oplos.

Miskien kan ’n dokter, ’n sielkundige of ’n priester Samuel weer jonk kry? So kry Samuel se ouers hom in verskeie snaakse omstandighede betrokke. Al wat hy wil doen, is om te speel en weer in sy groen trui te pas. Die situasies raak toenemend absurd, maar juis daarin lê die stuk se humor.

Die teenstrydighede in CRYBABY is wat hierdie toneelstuk so treffend maak. Frank Opperman vertolk die rol van ’n vierjarige absoluut briljant, nie net deur sy spraak nie, maar ook deur sy fisiese teenwoordigheid. Wanneer hy huil, voel mens dit. Wanneer hy opgewonde is, kan jy nie help om te glimlag nie. As hy in ’n fetale posisie lê wanneer die wêreld te veel raak, voel jou hart sy pyn.

Nicole Holm is ook uitstekend in die verskeidenheid rolle wat sy vertolk. Van ’n non tot ’n sielkundige – alles skreeusnaaks en genotlik oordrewe. Gantane Kursch is die manlike eweknie, en hy beeld ook verskeie rolle sonder skroom uit. ’n Nuusomroeper, skoolhoof en agent, om van ’n paar te noem.

René Cloete en Wian Taljaard as Samuel se ouers is ook vol energie en speel die rolle voortreflik. Een van die hoogtepunte is die komedie tussen Samuel en sy pa. Teatergangers kan beslis uitsien na ’n hele paar vreemde gebeure en misverstande in die grootmenswêreld.

Op die ou einde is CRYBABY meer as net absurde komedie, maar ’n besef dat die harde wêreld waar “alles doodgaan” ook mooi oomblikke het.

CRYBABY is ’n ontnugtering – ’n blik op ’n moderne wêreld wat jou laat besef dat kindwees steeds deel van grootword kan bly.

Met: Frank Opperman, Nicole Holm, René Cloete, Gantane Kusch en Wian Taljaard

Teks en regie: Carla Smith
Stel- en beligtingsontwerp: Wolf Britz
Verhoogbestuur: Jean du Plessis
Vervaardiger: KKNK
Produksiebestuurder: Cole Wessels

Geen o. 13 (T/I)
75 min.

Die volgende vertonings by die Elgro Hotel vir CRYBABY is:

30 September: 18:00
1 Oktober: 10:00
2 Oktober: 19:00
3 Oktober: 10:00

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button