Momentum Aardklop se feesterrein alreeds bedrywig
Die bewolkte weer bied vir 'n koel atmosfeer op die feesterrein op die eerste dag van 2026 Momentum Aardklop.
Die alombekende en altyd populere feesterrein op die oewer van die Mooirivier is vanoggend (Dinsdag, 29 September) op dag een alreeds vol bedrywighede ten spyte van die koel weer.
Daar is baie om te sien op hierdie terrein van smullekker kos, soos ‘n Tacos, potjiekos, pannekoek, burgers en nog meer om van te kies en te keur. Feesgangers kan uitsien na meer as 300 kunsvlytstalletjies en sal kan smul by meer as 50 kosstalletjies.
Uitstekende kuns en talle interessante stalletjies sal enigeen se belangstelling prikkel.
Hier is so paar van vandag se feesgangers:

Aliyah van der Westhuizen
Ethan van der Westhuizen
Janco Myburgh en Philip Myburgh.







Datums en tye:
- 29 September – 4 Oktober vanaf 09:00–21:00 daagliks. Die terreinkroeg is oop van 11:00–23:00.
- Toegangskaartjies: is beskikbaar by die ingangshekke. Geen kontant word aanvaar nie. Kaartfasiliteite is beskikbaar.
- Dagkaartjie: R80 (Dinsdag en Woensdag) en/of R120 (Donderdag, Vrydag en Saterdag) vir die feesterrein.
- Weekkaartjie: R350 vir feesterrein.
- Kinders o12: Gratis.
- Die kinderspeelpark sal daagliks vanaf 29 September tot 4 Oktober tussen 09:00 en 21:00 oop wees.
Stalletjies:
Feesgangers kan uitsien na meer as 300 kunsvlytstalletjies en sal kan smul by meer as 50 kosstalletjies.
Terreinverhoog:
Die terreinverhoog is ook een van die hoogtepunte van Aardklop se feesterrein met plaaslike en nasionale kunstenaars wat gaan bekoor.
Verhoogprogram
Dinsdag, 29 September
- 15:00 – Veervol
- 16:00 – Roux Cloete
- 17:00 – Kerkstraat
- 18:20 – Perspektief
- 19:40 – Flip a Coin
- 21:00 – Die Piesangskille
Woensdag, 30 September
- 14:45 – Jadon Bourne
- 15:45 – Zimi
- 17:00 – Pieter Pruis
- 18:20 – Dozi
- 19:40 – Radio Kalahari Orkes
- 21:00 – Glaskas
Donderdag, 1 Oktober
- 14:20 – Naledi Mohapi
- 15:40 – Skemer
- 17:00 – Joshua na die Reën ‘Ft Seuns van Vlug’
- 18:20 – Janie Bay
- 19:30 – Danny Smoke
- 21:00 – Mango Groove
Vrydag, 2 Oktober
- 13:00 – Johan Gouws
- 14:20 – Armand Hofmeyr
- 15:40 – Lisie Basson
- 17:00 – Jacob Swann
- 18:20 – Rooksein
- 19:40 – Dodo
- 21:00 – Early B
Saterdag, 3 Oktober
- 13:00 – Hartklop
- 14:15 – Just Mia
- 15:40 – Renaldo Alberts
- 17:00 – Ruan Josh
- 18:20 – Juanita du Plessis
- 19:40 – Refentse
- 21:00 – Jakkals Vibes



