SportSport

Volkies se o14-kolwer skitter met 221 by Shaun Pollock Krieketfees

Daniel Jacobs het 'n briljante dubbelhonderdtal aangteken vir Volkies op hul toer by die o14 Shaun Pollock Krieketfees in Durban.

Om ‘n dubbelhonderdtal aan te teken op o.14-vlak is nie iets wat elke dag op ‘n krieketspeler se pad kom nie. Hoër Volkskool Potchefstroom se kranige o.14A-kolwer, Daniel Jacobs, het hierdie geleentheid met altwee hande aangegryp toe hy teen Pearson High School se o.14’s ‘n verwoestende 221 lopies van slegs 140 balle aangeteken het. Dit tydens die afgelope Shaun Pollock-o14 krieketfees wat by Northwood in Durban plaasgevind het.

In hierdie wedstryd het Volkies vir Pearson met 350 lopies vermorsel. Volkies het 424/5 in 50 boulbeurte aangeteken voordat hul vir hul teenstanders vir slegs 74 uitgeboul het. Corné Bergh het ‘n goeie 62 met die kolf geslaan terwyl Mofenyi Olaniran ook 50 gemaak het. Met die bal was Wernich Voigt (3/16) en Kayleb Becker (3/21) uitstekend.

Volkies se o14-krieketspanne het n suksesvolle o14 Shaun Pollock Krieketfees beleef. Foto: Verskaf.

‘n Speler wat briljant vir Volkies geboul het, is Corné Bergh. Teen Noordheuwel het hy 7/24 geneem in ‘n dramatiese 1-lopie-oorwinning. Volkies is vir 94 uitgeboul, maar hul boulers het hul gered. Die wedstryd is met ‘n fantastiese vangskoot beslis om vir ‘n dramatiese einde te sorg. Jean Liebenberg duik na sy regterkant en vang die bal met altwee hande in een puik refleksaksie. As die bal een meter links of regs was, was die wedstryd Noordheuwel s’n.

Volkies het ook vir Boland Landbou met 16 lopies geklop om die week op ‘n hoë noot af te sluit. Volkies se kolwers is vir 108 uitgeboul, maar weer eens kom hul boulers tot die redding en beperk Boland Landbou tot 93 almal uit. Gerhard Harmse neem 4/14.

Volkies se afrigters en spelers vier nog ‘n oorwinning.

Volkies se o14A’s verloor slegs een wedstryd teen SACS in ‘n verkorte 10-beurt-wedstryd met 10 lopies. SACS maak 71/2 en Volkies bereik 61/3.

Volkies se o.14B-span het ook aan die toernooi deelgeneem. Hul het een wedstryd gewen en drie verloor teen sterk opposisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button