LetterOpinions

Potch-stasie ‘n groot gemors!

Wat is die probleem met die stasie se groot spreiligte wat al vir die laaste vier maande deur die dag aanbly? Is die persoon wat verantwoordelik is vir die afsit van hierdie 28 ligte nou nie meer lus vir werk nie? Of het die “ek gee nie meer om nie”- mentaliteit nou permanent ingetree? Met …

Wat is die probleem met die stasie se groot spreiligte wat al vir die laaste vier maande deur die dag aanbly?
Is die persoon wat verantwoordelik is vir die afsit van hierdie 28 ligte nou nie meer lus vir werk nie? Of het die “ek gee nie meer om nie”- mentaliteit nou permanent ingetree?

Die ligte by die treinstasie brand al vir maande, dag en nag. Foto: Coert Senekal
Die ligte by die treinstasie brand al vir maande, dag en nag. Foto: Coert Senekal

Met tariewe wat bly styg is hierdie kragvermorsing die laaste ding wat enige mens wil sien in ‘n dorp of stad. Net ‘n ruk gelede het ons burgemeester in sy koerantartikel gepraat oor kragbesparing, maar dit beteken niks as dit so gaan nie.
Potchefstroom wil Kwêla se Dorp van die Jaar word, maar dit is duidelik die kameras kom nie oral nie.
Stormwaterdreine se deksels is al vanaf verlede jaar stukkend of weg, lamppale in hoofstrate en systrate is afgery of skeef en het selfs nie meer hulle ligte op nie!
Rommel lê vir hoe lank op dieselfde plekke, selfs in oop mangate; vullisdromme se bodems is al vir jare afgeroes en nou nog nie reggemaak nie.
Straatnaamborde wat af is of in ‘n verkeerde rigting wys is ‘n duidelike aanduiding dat hierdie stadsraad nie meer sy werk wil doen nie.
Inwoners moet hulle stemme meer gereeld dik maak en werklik optree teen al hierdie mense wat nie meer hulle werk doen nie en steeds vet tjeks in hulle sakke steek.
Ons lewe in ‘n stad met groot potensiaal. Moenie dat hierdie potensiaal verlore gaan nie! En moenie dat die stasie toegroei onder gras en onkruid nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button