LetterOpinionsMotoring

Volkies sê dankie vir elkeen se steun

Na ‘n suksesvolle ‘Classic Clash’-naweek van sport, saamstaan en sosiaal verkeer, wil Volkskool Potchefstroom graag ‘n groot groep mense bedank.

Na ‘n suksesvolle ‘Classic Clash’-naweek van sport, saamstaan en sosiaal verkeer, wil Volkskool Potchefstroom graag ‘n groot groep mense bedank.
Dankie aan elke speler wat hard geoefen het en Volkie-guts gewys het. Dankie aan elke ouer en ondersteuner, elke afrigter en spanbestuurder wat vir lang ure langs die sportveld gestaan het.
Dankie ook aan ons ondersteunende beheerliggaam en ons waarnemende hoof, mnr. Daan Seymore met sy bestuurspan wat luister, help en geleenthede skep. Julle is elkeen vir Volkies van onskatbare waarde! Ons salueer julle passie, geduld en lojaliteit.
‘n Groot dankie aan me. Welma Pieters vir al die foto’s en berigte wat die wêreld ingestuur word sodat elke oud-Volkie weer deel kan wees van sy en haar alma mater.
Baie dankie Potchefstroom Herald, en veral Wouter Pienaar, vir die positiewe beriggewing en puik foto’s wat jy met die gemeenskap deel. Jou harde werk word raakgesien en waardeer!
Ons bedank ook graag vir FNB vir hulle ruim borg om hierdie jaarlikse skouspel tussen die twee skole moontlik te maak. Julle onbaatsugtige borgskap skep geleenthede vir gesonde kompetisie!
Ook Volkies se jaarlikse Wildsfees, wat hand-aan-hand met die Volkie-Gimmie-naweek loop, was ‘n reuse sukses en ‘n sosiale byeenkoms waar Volkie-vriende saam kon kuier en staaltjies kon deel. Baie dankie aan die Volkie-onnies, wat weer ingespring en gehelp het met die voorbereiding van die terrein, die disse op die spyskaart asook die administrasie.
Vir ouers en Volkie-vriende wat ywerig saam gejag en bydraes gelewer het, sê ons ook dankie!
Na ‘n naweek soos hierdie, kyk ‘n mens met dankbaarheid en nederigheid terug en besef hoe bevoorreg ons werklik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button