BlogsOpinions

So by the way… Kersfees-koors tref die Herald kantoor

Dit is nou al weer daardie tyd van die jaar wanneer kersmusiek en rooi-en-groen liggies jou van alle kante af bekruip. 'n Mens kan nou nie meer in die winkels rondloop sonder een of ander Kersvader wat in jou oor lag en jou probeer oorreed om jou geld te mors op onnodige kersversierings nie.

Dit is nou al weer daardie tyd van die jaar wanneer kersmusiek en rooi-en-groen liggies jou van alle kante af bekruip. ‘n Mens kan nou nie meer in die winkels rondloop sonder een of ander Kersvader wat in jou oor lag en jou probeer oorreed om jou geld te mors op onnodige kersversierings nie.
Maar as jy dink die winkels is erg, dan het jy nog nie die Herald kantoor beleef nie. Hier is altyd die tyd van die jaar ‘n mengsel van twee uiterstes in die Herald kantoor. Daar is dié wat sommer groen en rooi sal aantrek en Boney M se kersalbums dag in en dag uit kliphard sal speel, en dan is daar die paar wat net eenvoudig nie kan wag vir dit om verby te gaan nie.
Toe ek vanoggend in die kantoor in stap, toe besef ek dié dag het nou aangebreek. Ek is amper onderstebo gestamp deur ‘n groot kersboom met bene wat verby my jaag. Die bene was natuurlik dié van Maryke, my kollega wat al van Augustus af ‘n Kersfees ‘count-down’ as agtergrond op haar rekenaar gesit het.
Cheryl, ons Engelse teksredakteur, is natuurlik reeds besig om haar Kersfees CD’s af te stof. Ek voorspel dat ons binne die volgende week Boney M se Christmas Album, Mariah Carey se Merry Christmas en NOW that’s what I call XMAS kliphard in die kantoor gaan moet luister.
Van my ander kollegas, soos Dustin, raak natuurlik so bietjie geïrriteerd wanneer die woord Kersfees in die kantoor gebruik word. Vandag vra hy hoekom die Kersboom nou al in die kantoor se voorportaal moet staan, en die ontvangsdame, Beaudine antwoord bitsig:
“Ons het net basically ʼn maand oor om daai Krismis-gevoel te kry.” Hoe stry ‘n mens dan nou met so ‘n goeie redenasie?
Ons ontvangsdame, Beaudine Nasr, besig om die Kersboom in die kantoor se voorportaal te versier.
Ons ontvangsdame, Beaudine Nasr, besig om die Kersboom in die kantoor se voorportaal te versier.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button