SportSport

Gimmie muurbalster beleef Maleisiese ervaringe

Spoed, tegniek en die wilskrag om vir elke punt te kompeteer is maar net ‘n paar van die kenmerke van ‘n muurbalkampioen. Hoërskool Gimnasium se Charlotta Loggenberg het onlangs bewys dat sy hierdie kwaliteite bevat toe sy in die top 30 by ‘n groot internasionale toernooi geëindig het.  Sy het as lid van die Suid-Afrikaanse …

Spoed, tegniek en die wilskrag om vir elke punt te kompeteer is maar net ‘n paar van die kenmerke van ‘n muurbalkampioen.

Hoërskool Gimnasium se Charlotta Loggenberg het onlangs bewys dat sy hierdie kwaliteite bevat toe sy in die top 30 by ‘n groot internasionale toernooi geëindig het.  Sy het as lid van die Suid-Afrikaanse muurbalspan in die o.17 klas in Penang, Maleisië deelgeneem.

Charlotta wat 46ste op die internasionale wêreldranglys is, het ‘n 24ste plek in die toernooi behaal en haar muurbalhorisonne verder verbreed. 18 lande met altesaam 800 spelers het deelgeneem.

Die spelers was wel eers Hong Kong toe vir ’n wêreldklas afrigtingsessie om die span op te skerp voor die toernooi. Een van die groot struikelblokke tydens die toernooi wat die versengende hitte wat Charlotta en haar teenstanders moes hanteer.

Na afloop van die toernooi het hulle afrigting van die wêreld se nommer een speler, Mohamed Elshorbagy ontvang, wat glo gepaard gegaan het met baie sweet en harde oefening.

Tydens die verwelkomingsdinee het elke land `n beurt gekry om hul land voor te stel.

Charlotta het voorgestel dat hulle sokkie op Afrikaanse musiek.Tydens die voorstelling het hulle groot applous ontvang vanaf die ander lande. Almal wou leer sokkie en wou hoor wie hul geleer het.

Charlotta se antwoord was eenvoudig: “By die beste skool in Suid-Afrika, PotchefstroomGimnasium!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button