SportSport

Vier Luiperdsspanne hierdie Saterdag in aksie

Die Luiperds gee Saterdag die eerste tree op pad na die wennerstrofee in die Eersteliga van die ABSA Curriebeker om sodoende die spinnerakke uit die trofeekas by Olënpark te kan vee. Die Luiperds se teenstander in die eerste van vyf ligawedstryde is die SWD Arende en die wedstryd begin om 14:40. Die spanne het die …

Die Luiperds gee Saterdag die eerste tree op pad na die wennerstrofee in die Eersteliga van die ABSA Curriebeker om sodoende die spinnerakke uit die trofeekas by Olënpark te kan vee.

Die Luiperds se teenstander in die eerste van vyf ligawedstryde is die SWD Arende en die wedstryd begin om 14:40.

Die spanne het die punte wat hulle in die Uitspeelliga verdien het saamgeneem na die Eersteliga en die stelsel maak dat die Luiperds met 25 ligapunte afskop, ‘n voorsprong van 12 punte bo die twee spanne in die tweede plek: Boland en die Griffons.Die Luiperds het verlede seisoen die liga ook met ‘n handige voorsprong afgeskop en ‘n tuis halfeind teen die Valke gespeel, wat ongelukkig verloor is.

Die Valke het daarna in die eindstryd teen die Griffons verloor. Die Luiperds se vrouespan speel teen die Valke se vrouespan. Die Luiperds se juniorspanne, die o.19 en o.21’s speel teen die Blou Bulle se juniors.

Die aksie begin al om 11:00 met die seniorspan wat om 14:30 opdraf. Die Luiperds se o.19-span lê voor die Vrystaat en Natal op die punteleer. Net die OP Kings het minder punte as die Luiperds se o.21-span. Toegang is Saterdag gratis vir kinders en net R10 vir volwassenes. ‘n Oorwinning Saterdag kan die tafel dek dat die Luiperds die eerste keer sedert 1993 ‘n beker wen.

Span teen SWD Arende:

Bart le Roux, Damian Engledoe, Dane van der Westhyzen, Devon Martinus, Dutchie Robertze, Hanco Venter, Jaco Jordaan, Joe Smith, Johnny Welthagen, Juan Language ©, Loftus Morrison, Malherbe Swart, Marno Redelinghuys, Meel Engelbrecht, Mashudu Mafela, Rhyno Smith, Rowayne Beukman, Sizo Maseko, Stairs Mhlongo, Tyler Fischer, Wilmar Arnoldi, Tiaan Dorfling, Molotsi Bouwer, Percy Williams

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button