SportSport

Gholfspelers kook op Potchefstroom se buiteklub

Dit is besig by die Potchefstroomse Buiteklub. Die wenners van die IPS-kompetisie verlede Woensdag was Johan Coetzee (41), Hugo van Zyl (39) en Albert Britz (38). Op Vrydag 21 Augustus het AGS Bailliepark hulle gholfdag aangebied. Dié beterbalkompetisie is gewen deur Pine Pienaar en Johan Muller (59), Charl Labuschagne en Coenie Schoonhoven (58) en Pieter …

Dit is besig by die Potchefstroomse Buiteklub.

Die wenners van die IPS-kompetisie verlede Woensdag was Johan Coetzee (41), Hugo van Zyl (39) en Albert Britz (38).

Op Vrydag 21 Augustus het AGS Bailliepark hulle gholfdag aangebied. Dié beterbalkompetisie is gewen deur Pine Pienaar en Johan Muller (59), Charl Labuschagne en Coenie Schoonhoven (58) en Pieter Sieberhagen en D. Franzen (57).

Op Saterdag 22 Augustus is ‘n IPS-kompetisie geborg deur Ocean Basket. Die wenners was Willie Venter (45), M. de Beer (42) en J.P. du Preez (40).Met die beterbal ligaspanne het Potchefstroom teen Klerksdorp gewen, maar die B-span het vasgeval teen Rustenburg. Die volgende ligawedstryde is op 12 September.

Op Woensdag 26 Augustus het die klub ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied. Die wenners was: Coenie Schoonhoven (+5), Albert Britz (+4) en AJ du Plessis (+3).

Op Vrydag 28 Augustus het Girls High hulle gholfdag aangebied en die wenners was SP Campher en Dick Daly. Op Saterdag 29 Augustus was die wenners van ‘n IPS-kompetisie Wietche Fourie (44), Hennie Kruger (41) en Petrus James (40).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button