SportSport

Hat-trick of the Week (22 October)

Pukke is beste maats op en van die netbalbaan af.  Die eindstryd van die Varsity Netbaltoernooi het Pukke met ’n drafstap gewen.Hulle was skerper op die baan, het minder foute gemaak en ’n goeie wedstrydstrategie gehad. Die belangrikste faktor was wel dat Pukke as ’n span saamgespeel het. Pukke se speler van die wedstryd, Renske …

  1. Pukke is beste maats op en van die netbalbaan af. 

Die eindstryd van die Varsity Netbaltoernooi het Pukke met ’n drafstap gewen.Hulle was skerper op die baan, het minder foute gemaak en ’n goeie wedstrydstrategie gehad. Die belangrikste faktor was wel dat Pukke as ’n span saamgespeel het. Pukke se speler van die wedstryd, Renske Stoltz het amper ’n telepatiese verhouding met Sigi Burger en hulle het heel seisoen gesorg dat Pukke se punte nooit opdroog nie. Pukke was die skilpad in die wedstryd en het stadig momentum opgetel, maar toe hulle eers in hulle element is, kon niemand hulle keer nie. Met elke wedstryd het Pukke sterker geword en hulle het bewys dat die netbalkrag in Potchefstroom is en definitief hier gaan bly.

2. Volkies en Gimmies bewys dat krieket die groot wenner is

Ware sportmangees en die wilskrag om alles vir die skoolwapen op jou bors te gee, was maar net twee van die kenmerke van verlede Saterdag se Gimmie-Volkie krieketstryd. Albei spanne kon die trofee gewen het, maar danksy Jaco Schoeman se 113 was dit hierdie keer Gimmies s’n. Die beste herinnering vir Schoeman sal beslis wees toe Volkies vir hom ’n erewag gehou het toe hy van die veld afgestap het. Dit toon wedersydse respek en ’n wete dat hierdie jong speler een van die beste beurte nog in hierdie klassieke kragmeting gespeel het

  1. Olën Park filled to capacity

Kaizer Chiefs came to Potchefstroom on Tuesday evening for their first match against Jomo Cosmos in 3 years. Football fans in Potchefstroom were hungry and got their appetites taken care of, with some delicious football on the pitch. Match tickets were sold out beforehand as thousands of fans descended for great football. In the end, the match was drawn 0-0, but the scoreline did not matter as much as the chance to be part of the festive atmosphere. Soccer is here to stay.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button