Pukke losskakel op pad junior Springbokproewe toe
Die indrukwekkende NWU Pukke-losskakel, Benhard Janse van Rensburg, hou net aan om hierdie seisoen groot hoogtes te bereik. Sy uitblinkerspel in die Varsitybeker het klomp rugbykenners laat regop sit en nou gaan hy ‘n gulde geleentheid hê om sy spel op nasionale vlak te bewys. Janse van Rensburg is vir die junior Springbokproewe-groep uitgenooi wat …
Die indrukwekkende NWU Pukke-losskakel, Benhard Janse van Rensburg, hou net aan om hierdie seisoen groot hoogtes te bereik.
Sy uitblinkerspel in die Varsitybeker het klomp rugbykenners laat regop sit en nou gaan hy ‘n gulde geleentheid hê om sy spel op nasionale vlak te bewys.
Janse van Rensburg is vir die junior Springbokproewe-groep uitgenooi wat vanaf 30 Maart tot 1 April op City Park in Kaapstad gaan plaasvind.
Dit is ‘n eer vir die jong losskakel wat na ‘n goeie aanvallende speler in die nommer 10 trui lyk – iets wat SA rugby baie min van het.
Dit mag dalk te gou wees om te sê dat hy ‘n toekomstige Springbok gaan wees, maar die junior proewe is wel ‘n stap in die regte rigting vir hierdie 19-jarige.Dié losskakel gaan wel vir eers dié week op die Varsitybeker moet fokus tot die proewe plaasvind.



