SportSport

Coetzee en Strydom wen gesogte Willows Gholftoernooi

Die Willows Gholftoernooi wat oor die Paasnaweek by die Potchefstroom Buiteklub aangebied is, was ‘n groot sukses. Die toernooi het Donderdag afgeskop met ‘n syfer drie-kompetisie oor nege putjies. Die wenners was: Gross: Jan Greyling Nett: Heinrich Strydom Twee en sestig pare (124 spelers) het vanaf Vrydag oor die vier dae teen mekaar meegeding in …

Die Willows Gholftoernooi wat oor die Paasnaweek by die Potchefstroom Buiteklub aangebied is, was ‘n groot sukses.

Die toernooi het Donderdag afgeskop met ‘n syfer drie-kompetisie oor nege putjies.

Die wenners was:

Gross: Jan Greyling

Nett: Heinrich Strydom

Twee en sestig pare (124 spelers) het vanaf Vrydag oor die vier dae teen mekaar meegeding in verskillende formate vir pare.

Die eerste dag, Vrydag, was ‘n alternatiewe dryfhou beterbal-kompetisie.

Die algehele wenners van die Willows: Johan Coetzee en Guillaume Strydom.
Die algehele wenners van die Willows: Johan Coetzee en Guillaume Strydom.

Die wenners was:

1e: Coenie en Louw de Beer met 49 punte

2e: Jaco Froneman en Evert Agenbach met 49 punte

3e: Frik de Beer en Tiaan Pitout met 48 punte.

Dag twee, Saterdag, was dit ‘n bonus beterbal-kompetisie (gesamentlike vier punte besorg die span ‘n bonuspunt). Die wenners was:

1e: Vaughan Wandrag en Ivan Paiva met 62 punte

2e: Kaiser Cornelius sr. en Kaiser Cornelius met 60 punte

3e: Coenie de Beer en Louw de Beer met 59 punte

Franco Froneman en Dirk Serfontein, wenners van Maandag se kompetisie.
Franco Froneman en Dirk Serfontein, wenners van Maandag se kompetisie.

Dag drie, Sondag, was die formaat ‘n omruil dryf gesamentlike stableford-punte.

Die wenners was:

1e: Johan Coetzee en Guilume Strydom met 88 punte

2e: H. Anderson en D. le Roux met 81 punte

3e: Lappies Labuschagne en Willem Nel met 81

Op Maandag, dag vier, was die formaat ‘n gesamentlike stableford punte. Die wenners was:

1e: Dirk Serfontein en Franco Froneman met 80 punte

2e: Charl Labushagne en Cornel van der Berg met 79 punte

3e: Coenie Schoonhoven en Petrus van Schalkwyk met 86 punte

Die Willows toernooi word egter oor vier dae gespeel, waar die punte bymekaargetel word om die wenners van die naweek te bepaal. Verskeie ander pryse en gelukkige trekkings is ook gedoen.

 

Die wenners was:

Die besgeklede paar Christelle Froneman en Winnefred Venter
Die besgeklede paar Christelle Froneman en Winnefred Venter

1e: Johan Coetzee en Guilume Strydom met 256 punte

2e: Dirk Serfontein en Franco Froneman met 249 punte

3e: Jaco Froneman en Evert Agenbach met 248 punte.

Pryse is uitgedeel tot en met die 16de plek. Die wenners vir die besgeklede paar is gewen deur Christelle Froneman en Winnefred Venter. Die gelukkige trekking is deur Charl Labushagne gewen.

Jan Prinsloo en Heinrich Strydom, wenners van Donderdag se kompetisie
Jan Prinsloo en Heinrich Strydom, wenners van Donderdag se kompetisie

Die klub bedank almal wat geborg het en ‘n bydrae gelewer het om die toernooi ‘n sukses te maak. Voorbereidings en die beplanning vir die 2017 toernooi is reeds aan die gang. Hierdie toernooi is beslis ook ‘n veer in die hoed vir die stad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button