SportSport

Flames behou onoorwonne rekord

Die Noordwes-Flames se netbalspan het hulself nogmaals oortref in die derde naweek van die Brutal Fruit-premierliga waarin die vierde sege in ’n ry behaal is. Boonop was dit teen die gedugte Southern Stings van die Wes-Kaap wat een van die gunstelinge in die reeks is. Die Flames het die Stings Sondag in Pretoria met 44-36 …

Die Noordwes-Flames se netbalspan het hulself nogmaals oortref in die derde naweek van die Brutal Fruit-premierliga waarin die vierde sege in ’n ry behaal is.

Boonop was dit teen die gedugte Southern Stings van die Wes-Kaap wat een van die gunstelinge in die reeks is. Die Flames het die Stings Sondag in Pretoria met 44-36 gebêre om nou die enigste onoorwonne span te wees.

Dorette Badenhorst, afrigter van die Flames, was soos gewoonlik baie nederig oor die oorwinning en glo die enigste verskil tussen die twee spanne was die doelgemiddelde. Die Stings het 56 doelpogings teenoor die 55 van die Flames gehad.

Die doelskieter Sigi Burger (doel) en Renske Stoltz (hulpdoel) het ’n 80% suksessyfer behaal.

Badenhorst het Stoltz, wat ’n tweede week in ’n ry as speler van die wedstryd aangewys is, en die senter Romé Dreyer, se lof besing.

“Renske is ’n baie slim speler. Sy stel verskriklike hoë doelwitte vir haarself en speel met hope selfvertroue. Sy het hard aan haar kondisionering gewerk en is die fiksste wat sy nog was.

“Ek dink Romé is weer ’n onderskatte speler en iemand wat nie altyd die erkenning kry wat sy verdien nie. Sy het baie goed teen Erin Burger, Protea-senter, gevaar.”

Die aksie verskuif nou vir die volgende drie naweke na die Ellispark-arena in Johannesburg. Die Flames het twee moeilike wedstryde wat op hulle wag.

Vrydagaand om 20:00 (regstreeks op SuperSport 10) pak hulle KwaZulu-Natal Kingdom Stars vir wie die Flames se voormalige kaptein Elsunet du Plessis deesdae uitdraf.

Saterdag om 14:00 wag die Noord-Gauteng Jaguars wat ’n riller behoort op te lewer. Die Pretorianers en Potchefstromers het mekaar al vyf keer vantevore in die reeks gepak met laasgenoemde wat nog net een keer (verlede jaar met 56-35) aan die wenkant was.

Die Flames en Kingdom Stars het nog nie voorheen teen mekaar te staan gekom nie.

Soortgelyke Stories

North West Flames too hot for Free State Crinums

North West Flames ready to light up Brutal Fruit Netball Premier League

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button