SportSport

Gimnasium kelder Klersdorp in die reën

Wedstryde tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Klerksdorp is altyd ’n taai en harde affêre. Hierdie keer was dit geensins anders op ’n triestige en bewolkte Saterdag, 14 Mei in Potchefstroom nie. In hierdie Noordwesliga-bepaling het Gimmies op ’n koue en papnat Mooivallei Sportterrein met 22-3 teen hulle teenstanders geseëvier. Die telling lyk dalk of Gimmies …

Wedstryde tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Klerksdorp is altyd ’n taai en harde affêre. Hierdie keer was dit geensins anders op ’n triestige en bewolkte Saterdag, 14 Mei in Potchefstroom nie.

In hierdie Noordwesliga-bepaling het Gimmies op ’n koue en papnat Mooivallei Sportterrein met 22-3 teen hulle teenstanders geseëvier. Die telling lyk dalk of Gimmies gemaklik gewen het, maar dit was alles behalwe, met KHS wat ten minste 60% balbesit in die eerste helfte gehad het. Die rustydtelling was slegs 5-0 in Gimnasium se guns nadat die stewige loskopstut, Morné Marais met momentum oor die doellyn gedruk is.

Die tuisspan in grys en blou het nie dat die omstandighede hulle wedstrydplan affekteer nie. Hulle het eerder hulle wedstrydplan puik aangevoer met die voorspelers wat keer op keer hulle krag en fisiekheid teen KHS ten toon gestel het.

Kort voor lank het die skitterende skrumskakel, JM du Plooy, Gimmies se tweede drie gedruk wat Marco van den Heever verdoel het om die punteverskil na nege punte met 12-3 te bring.

Nog ’n strafskop het Gimmies in ‘n gemaksposisie gesit. Die tuisskare was veral bly toe Gimmies hulle derde drie druk net na die sirene gelui het. Dit was danksy nog ’n klipharde voorspelerbeweging wat Jan Heenop afgerond het.

Ander uitslae teen KHS:

  • o.16A wen 60-0.
  • o.15A verloor 0-63.
  • o.14A wen 22-7.

Hier is foto’s van die wedstryd: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15004/fotos-gimmies-klop-khs-in-die-reen/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button