SportSport

Luiperds pak Saterdag die Streeptruie op Olënpark

Die Luiperds en WP gaan kragte vir die eerste keer in ‘n lang tyd op Olënpark in Potchefstroom op Saterdag 4 Junie pak en dit behoort ‘n skouspelagtige wedstryd te wees wat niemand sal wil misloop nie. Daar is ‘n groot getal WP ondersteuners in die Noordwes en hulle sal graag die kans wil geniet …

Die Luiperds en WP gaan kragte vir die eerste keer in ‘n lang tyd op Olënpark in Potchefstroom op Saterdag 4 Junie pak en dit behoort ‘n skouspelagtige wedstryd te wees wat niemand sal wil misloop nie.

Daar is ‘n groot getal WP ondersteuners in die Noordwes en hulle sal graag die kans wil geniet om hulle geliefde “Wee-Pee” te sien speel.

Tog sal dit vir ander plaaslike Luiperdsondersteuners niks lekkerder wees om die WP hier in Potchefstroom te sien verloor nie. Die Luiperds sal sonder die Namibiese senter, Johan Deysel wees, maar Juffrou Vermeulen behoort sy plek in die 15-tal vol te staan. Loftus Morrison is ook weens ’n  dyspierbesering nie beskikbaar nie en HP Swart sal heel moontlik sy plek inneem.

Buiten hierdie groot kragmeting is daar talle ander rugbywedstryde wat op drie velde op Saterdag se spyskaart opgedis gaan word.

Vir voorgereg sal ‘n lekker lusmakertjie op die A-veld tussen die Stilfontein Hurricanes en Klerksdorp se o.21 span plaasvind. Net na dit is daar ‘n titaniese klubstryd tussen die Klerksdorp Ascari’s en die myners van Vaal Reefs.

Potchefstroom se NWU Pukke pak Johannesburg se Pirates aan net daarna voor die groot Luiperds-WP wedstryd plaasvind.

Hierdie rugbydag is ‘n blink idee en sal klubrugby ook ‘n lekker hupstoot gee met die dat hulle op Olënpark se velde voor ‘n groot klomp ondersteuners sal speel.

Ander ondersteuners van Orkney, Klerksdorp en Stilfontein het ook goeie rede om die dag puik plaaslike rugby te kom beleef.

Die volledige program:

A-veld:

13:15: Hurricanes teen Klerksdorp o.21

15:00: Klerksdorp 1 teen Vaal Reefs 1

16:30: NWU-Puk 1 teen Pirates 1

19:10: Luiperds teen WP

B-veld:

11:00: Luiperds o.18 Vroue teen Blou Bulle

12:00: Luiperds Senior Vroue teen Blou Bulle

13:30: NWU-Puk teen Pirates o. 21’s

15:00: NWU-Puk o.19 teen Pirates o.20’s

C-veld:

11:00: Luiperds o.16 Vroue teen Blou Bulle

13:15: NWU-Puk 3 teen Pirates 3

14:40: Ibbies teen Pirates 2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button