SportSport

Luiperds teen WP: Spelers om dop te hou

Luiperds: Jeandré Rudolph Rudoplh speel vanjaar van sy beste rugby vir die Luiperds en is een van hulle groot sterre tot dusver. ‘n Mens kan dadelik agterkom as hy nie in die span is nie. Hy gee ekstra dinamika op die aanval en verdediging en is altyd lus om baie werk te verrig. Rhyno Smith …

Luiperds:

Jeandré Rudolph

Rudoplh speel vanjaar van sy beste rugby vir die Luiperds en is een van hulle groot sterre tot dusver. ‘n Mens kan dadelik agterkom as hy nie in die span is nie. Hy gee ekstra dinamika op die aanval en verdediging en is altyd lus om baie werk te verrig.

Rhyno Smith

Rhyno Smith is nou al sinoniem met sjampanje rugby by die Luiperds en hierdie jaar is hy besig om sy ware kleure uit te beeld. Die boorling van Paarl kan skepskop, pale toe skop en kringe om verdedigers hardloop.

Henko Marais

Die binnesenter van Potchefstroom en voormalige Volkie is besig om sy voete te vind. Na ‘n stewige Varsitybekertoernooi vir die NWU Pukke is hy nou in top vorm. Hy het in die Luiperds se vorige wedstryd teen die Bulle twee pragdriëe gedruk. Sy fisiekheid en krag is ‘n groot aanwins vir die Luiperds.

Westelike Provinsie:

Khanyo Ngcukana

Die relatiewe nuweling blyk om baie spoed en vaart op die aanval tew hê en sal fyn dopgehou moet word. Hy het in WP se vorige wedstryd teen Griquas hulle wen met ‘n drie verseker.

Tim Whitehead

Tim Whitehead is ‘n ou bekende in Suid-Afrikaanse rugby en het al vir die Kings en die Haaie op binnesenter uitgedraf. Dié veelsydige speler sal die spilpunt wees wat die Streeptruie se agterlyn aan die gang sal sit.

Scott van Breda

Scott van Breda, WP se losskakel het tot dusver ‘n goeie seisoen gehad en hy sal wil voortbou teen die Luiperd op Olënpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button