Gholf van hoogstaande gehalte by Buiteklub
Die derde rondte van Noordwes Gholf se Nul-voorgee-liga vind Sondag by die Buiteklub se gholfbaan plaas. Die plaaslike spanne gee tans die toon aan in die liga en gholf van hoogstaande gehalte word verwag in die liga waaraan al die top gholfklubs in die provinsie deelneem. Saterdag pak die klub se vroue mekaar in die …
Die derde rondte van Noordwes Gholf se Nul-voorgee-liga vind Sondag by die Buiteklub se gholfbaan plaas. Die plaaslike spanne gee tans die toon aan in die liga en gholf van hoogstaande gehalte word verwag in die liga waaraan al die top gholfklubs in die provinsie deelneem.
Saterdag pak die klub se vroue mekaar in die klub se vrouekampioenskap.
Die uitslae van die verlede week se kompetisies lyk so:
*Op Woensdag 26 Mei is ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied en die wenners was:
1e – Louw Geyser met + 4
2e – Eben Zietsman met +3
3e – Johnny Avenant met +3
*Op Saterdag 28 Mei is die Sanlam Kansa Uitdaagreeks vir mans by die Klub aangebied. Die wenners in die verskillende afdelings was as volg:
A -afdeling:
1e – Johan Adam van Heerden met 41 punte
2e – Willie Venter met 40 punte
3e – Charl Labuschagne met 36 punte
B-afdeling:
1ste – Machiel de Kock met 41 punte
2de – Goggie van Heerden met 40 punte
3de – Tinus Kruger met 40 punte
C-afdeling:
1ste – William Seleke met 46 punte
2de – Derek van Staden met 33 punte
3de – Johan Geldenhuys met 32 punte
*Vrydag vind die NG Kerk Wes se fondsinsamelingsdag plaas en die Wimpy Medal word Saterdag gespeel.



