SportSport

Vinnige vrae vir Noordwes netbal se drie Protea nuwelinge

Renske Stoltz Renske Stoltz 1. Hoërskool gematrikuleer? Hoërskool Rustenburg 2.Posisies? HD en AV 3. Beste netbalprestasies tot dusver? Senior Protea Span, SA Universiteite Span en Brutal Fruit NPL speler van die toernooi toekenning 4. Netbal is? Waar mens leer van val en weer opstaan (letterlik en figuurlik.) 5. Hoe het jy reageer toe jy die …

Renske Stoltz

Renske Stoltz
Renske Stoltz

Renske Stoltz

1. Hoërskool gematrikuleer? Hoërskool Rustenburg
2.Posisies? HD en AV
3. Beste netbalprestasies tot dusver? Senior Protea Span, SA Universiteite Span en Brutal Fruit NPL speler van die toernooi toekenning
4. Netbal is? Waar mens leer van val en weer opstaan (letterlik en figuurlik.)
5. Hoe het jy reageer toe jy die nuus gekry het en wie het jy eerste laat weet?
Ek het my ma eerste laat weet.
6. Wat is jou doelwitte vir die toetsreeks teen Wallis?
Ek wil elke oomblik van my eerste toetsreeks, vandat ek my rokkie aantrek totdat die laaste fluitjie blaas, inneem en vir altyd onthou.
En dan natuurlik my beste netbal speel om tot die span se groter doelwit by te dra!
7. Beste advies wat jy vanjaar ontvang het en van wie af? – “Control the controllable” – Elize Kotze.
8. Rolmodel? My ma. Dit klink dalk soos ’n clichè, maar sy is die sterkste mens wat ek ken en ek leer nog elke dag by haar.
9. Leuse? “Be fearless!”

Sigi Burger
Sigi Burger

 

Sigi Burger
1. Hoërskool gematrikuleer? Hoër Meisieskool La Rochelle
2.Posisies? Doel
3. Beste netbalprestasies tot dusver?
Spar Proteas, Wêreld Universiteite Netbalkampioenskappe vir SA en die o.21 Wêreldbekerspan vir SA.
4. Netbal is?
’n Ongelooflike sport wat mense van verskillende kleure, kulture en lande saambring.
5. Hoe het jy op die nuus reageer en wie het jy eerste laat weet?
Ek was baie geskok, maar dit as ’n ongelooflike geleentheid beskou. Ek het my beste vriende Andrea en Is-Marie laat weet.
6. Wat is jou doelwitte vir die toetsreeks teen Wallis? Om soveel as moontlik van die afrigtingspan te leer en dit te gebruik wat ek in my span leer om my beste te kan gee.
7. Beste advies wat jy vanjaar ontvang het en van wie af? Volhard, want wat jy insit sal jy uitkry – my pa en afrigter Dorette.
8. Rolmodel? Irene van Dyk, Nieu-Seelandse netbalspeler.
9. Leuse? Doen vandag wat ander nie doen nie, sodat jy môre dit kan doen wat ander nie kan nie.

Jeanté Strydom
Jeanté Strydom

Jeanté Strydom
1. Hoërskool gematrikuleer? Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria (Affies)
2. Posisies? HV en VV
3. Beste netbalprestasies tot dusver? Die haal van die o.21 Proteaspan en die NW Flames span sowel as om ‘n speler van die wedstryd toekenning te ontvang het in die Brutal fruit NPL.
4. Netbal is? Die een ding wat my maak “tick”, my laat voel daar is ‘m doel vir my op aarde.
Die gevoel as ek ’n onderskep vat is iets wat ek nie kan beskryf nie dit voel amper of mens enige iets kan doen na dit! Dit is ook om deel van ‘n span te wees leer mens om daar te wees vir ander!
5.Hoe het jy reageer en wie het jy eerste laat weet?
Ek was buite myself en na dit kon ek nie meer leer nie ek wou toe net dadelik gaan netbal speel het!
My beste vriendin, Renske Stoltz was by my, so sy het heel eerste geweet van almal.
6.Wat is jou doelwitte vir die toetsreeks teen Wallis?
Om so goed as wat ek kan die wedstrydplan wat opgestel is uit te voer en om my opponent so te probeer intimideer dat sy nie gefokus is nie.
7.Beste advies wat jy vanjaar ontvang het? “Control the controllable and don’t worry about the rest.”
My beste vriendin het dit vir my nogal baie aan die begin van die jaar gesê en sy het dit by die vorige Protea afrigter Elize Kotze gehoor.
8.Rolmodel? My oudste broer. Hy is ’n perfekte voorbeeld van iemand wat nooit sy drome opgee nie.
9.Leuse? “If your dreams do not scare you they are not big enough!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button