SportSport

Buiteklub se A-span op pad na Noordwes titel

Op Sondag 5 Junie het die derde rondte van die Noordwes Gholfunie se Nul Voorgee-liga by die Buiteklub plaasgevind. Nege spanne het deelgeneem. Die twee spanne van die Buiteklub het teen mekaar sowel as Rustenburg B gespeel. Potchefstroom A het albei hulle wedstryde gewen en is tans die voorloper in die liga. Potchefstroom B het …

Op Sondag 5 Junie het die derde rondte van die Noordwes Gholfunie se Nul Voorgee-liga by die Buiteklub plaasgevind. Nege spanne het deelgeneem. Die twee spanne van die Buiteklub het teen mekaar sowel as Rustenburg B gespeel.

Potchefstroom A het albei hulle wedstryde gewen en is tans die voorloper in die liga. Potchefstroom B het teen die A-span verloor, maar Rustenburg B geklop. Hulle is tans in die derde posisie in die liga.

Ander uitslae: Klerksdorp A wen teen Rustenburg A, maar verloor teen Mooinooi. Mooinooi het ook vir Rustenburg A geklop. Orkney se span het met beide Klerksdorp B en Lichtenburg afgereken en Lichtenburg moes ook die knie buig teen Klerksdorp B. Eerskomende naweek, 12 Junie  vind die vierde en laaste rondte van die liga plaas by Rustenburg Gholfklub. Potchefstroom A moet slegs een van sy twee wedstryde halveer om die liga vir die sewende keer in ‘n ry te wen. Die span is die verdedigende kampioen in die Noordelike Provinsies se Gross Liga en dit wil voorkom of hulle weer hulle titel sal moet gaan verdedig. Potchefstroom A speel teen Mooinooi en Lichtenburg, terwyl Potchefstroom B  teen Klerksdorp A en Orkney speel.

Ander nuus van die gholfklub:

*Op Woensdag 1 Junie is ‘n IPS kompetisie aangebied en die wenners was:

1e – Eben-Paul Zietsman met 40 punte

2e – Conrad de Swardt met 40 punte

3e – Johnny Avenant met 40 punte

* Op Vrydag 3 Junie het die NG Kerk Wes hulle fondsinsamelings gholfdag by die klub aangebied. Die wenners was Barry Pretoriuis en Ben Kilbourn met Dennis Bloem en Marius Meiring tweede.

*Op Saterdag 4 Junie is verskeie kompetisies gehou. Die mans het hulle maandelikse houespel kompetisie geborg deur Wimpy Potchefstroom gehou en die dames het hulle klubkampioenskappe gehou.

Die maandelikse houespel kompetisie se uitslae was as volg:

A-afdeling – Simon Pretorius met ‘n netto telling van 68

B-afdeling – Nick Kalamaras met ‘n netto telling van 71

C-afdeling – Charl Pretorius met ‘n netto telling van 69.

*Die wenners van die Dames Klubkampioenskappe was:

A-afdeling: Gross – Jhanelle Strydom

Nett – Matinique Sparks

B-afdeling: Gross – Gertie Gerber

Nett – Nina van Heerden

Senior Dames – Lorraine Liebenberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button