Volkies bied groot T-20 laerskool kriekettoernooi aan
Volkies bied vir die eerste keer ‘n fantastiese platform vir jong laerskool krieketspelers aan met ‘n o.13 T-20 toernooi hierdie naweek vanaf 19-20 Augustus. Laerskool Baillie Park, Laerskool Mooirivier, Laerskool M.L. Fick, Laerskool Saamtrek, Laerskool Lichtenburg en Laerskool Stellaland is die ses skole wat aan die toernooi gaan deelneem. Die eerste groep T-20 wedstryde sal …

Volkies bied vir die eerste keer ‘n fantastiese platform vir jong laerskool krieketspelers aan met ‘n o.13 T-20 toernooi hierdie naweek vanaf 19-20 Augustus.
Laerskool Baillie Park, Laerskool Mooirivier, Laerskool M.L. Fick, Laerskool Saamtrek, Laerskool Lichtenburg en Laerskool Stellaland is die ses skole wat aan die toernooi gaan deelneem.
Die eerste groep T-20 wedstryde sal Vrydag vanaf 14:30 plaasvind, terwyl die ander wedstryde op Saterdag in die oggend en middag sal plaasvind. Die wedstryde sal by Hoër Volkskool Potchefstroom en Potch Primary plaasvind.
Die bepalings is as volg:
Vrydag, 19 Augustus
Baillie Park t. Stellaland by Volkies 1
Mooirivier t. Saamtrek by Volkies 2
Lichtenburg t. ML Fick Potch Primary
Saterdag, 20 Augustus – Oggendsessie
Lichtenburg t. Mooirivier by Volkies 1
ML Fick t. Stellaland by Volkies 2
Baillie Park t. Saamtrek by Potch Primary
Saterdag, 20 Augustus 2016 – Middagsessie
ML Fick t. Lichtenburg by Volkies 1
Baillie Park t. Mooirivier by Volkies 2
Stellaland t. Saamtrek by Potch Primary



