Gimmies laat wiel met algehele eerste plek in Spur Bergfietsreeks
Die 2016 Noordwes Spurreeks Bergfietsry-skolekompetisie het die afgelope naweek, 27 Augustus tot ‘n einde gekom. Potchefstroom Gimnasium is tydens die prysuitdeling aangewys as die algehele wenskool van die 2016-seisoen. Die finale puntestand van die top 5-skole in NW was as volg: Gimmies 770, Rustenburg 662, Volkies 400, Wesvalia 377 en Harties 359. Die kompetisie bestaan …

Die 2016 Noordwes Spurreeks Bergfietsry-skolekompetisie het die afgelope naweek, 27 Augustus tot ‘n einde gekom.
Potchefstroom Gimnasium is tydens die prysuitdeling aangewys as die algehele wenskool van die 2016-seisoen.
Die finale puntestand van die top 5-skole in NW was as volg:
Gimmies 770, Rustenburg 662, Volkies 400, Wesvalia 377 en Harties 359. Die kompetisie bestaan uit vier byeenkomste. Gimmies het drie van die vier ligabyeenkomste gewen.
Gimmies spog dan ook met sewe ryers wat die NW-span gaan verteenwoordig by die Spur Nationals, naamlik: Joné van Eeden, Natasha Roets, Twané Coetzee, Ryan Conradie, Brendan van Eeden, Lehan Janse van Vuuren en Marlize le Roux.
Joné van Eeden en Ryan Conradie was beide aangewys as die beste ryers in hul ouderdomskategorie.



