Nuwe bestuur vir Buiteklub se gholfafdeling
Op Donderdag 25 Augustus is die algemene jaarvergadering van die gholf-afdeling van die Buiteklub gehou. Die komitee vir die nuwe jaar is Albert Britz – gholfkaptein, Henri Swanepoel – onderkaptein, Charl Labuschagne – tesourier, Coenie Schoonhoven – sekretaris en Kaiser Cornelius en Lourie van der Merwe as addisionele lede. Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week …

Op Donderdag 25 Augustus is die algemene jaarvergadering van die gholf-afdeling van die Buiteklub gehou. Die komitee vir die nuwe jaar is Albert Britz – gholfkaptein, Henri Swanepoel – onderkaptein, Charl Labuschagne – tesourier, Coenie Schoonhoven – sekretaris en Kaiser Cornelius en Lourie van der Merwe as addisionele lede.
Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by Potchefstroomse Buiteklub gehou.
*Op Woensdag, 24 Augustus het die klub ‘n bonus bogey-kompetisie aangebied.
Uitslae was soos volg:
1e – Spuite Erasmus met +6
2e – Henri Swanepoel met +4
3e – Chris Heyns met +4
*Op Vrydag, 26 Augustus het Potchefstroom Girls High hulle fondsinsamelingsdag gehou. Die formaat was ‘n scramble dryf beterbal-kompetisie. Die wenners was:
1e – Tinus Colyn en Jurie Fritz met 50 punte
2e – Jaco van der Merwe en D. Butler met 49 punte
3e – Lourens Roux en Wimpie van Heerden met 48 punte.
*Saterdag, 27 Augustus het Ocean Basket die IPS-kompetisie by die klub geborg. Die wenners was:
1e – Albert Britz met 43 punte
2e – Henry Swanepoel met 41 punte
3e – Johnny Avenant met 41 punte



