Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Honderdtal stuur Volkies se eerstes na oorwinning teen Gimmies

Volkies se eerstespan se kalmte, doelgerigtheid en uitvoering kan opgesom word deur na Louis van Schalkwyk se onoorwonne 107 te kyk wat sy span na ‘n 5 paaltjie oorwinnning teen Gimmies gelei het vandag (Saterdag, 3 September.) In ‘n taai krieketstryd het Volkies die beste kop gehou en Gimmies se telling van 268 verbygesteek. Van Schalkwyk …

Volkies se eerstespan se kalmte, doelgerigtheid en uitvoering kan opgesom word deur na Louis van Schalkwyk se onoorwonne 107 te kyk wat sy span na ‘n 5 paaltjie oorwinnning teen Gimmies gelei het vandag (Saterdag, 3 September.)

In ‘n taai krieketstryd het Volkies die beste kop gehou en Gimmies se telling van 268 verbygesteek. Van Schalkwyk het ook die wenlopies geslaan en hy is goed deur Ruan von Abo met 60 en WL Fourie met 52 bygestaan.

Gimmies was in hulle kolfbeurt vroeër in die knyp op 100/7, maar danksy ‘n massiewe 151 lopie vennootskap tussen Herman de Jong en Vernon Charslund  kon hulle ‘n mededingende totaal opstel.

Lees meer oor hierdie wedstryd in volgende Donderdag se Herald.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button