SportSport

Varsity Netbal nie vanjaar in Potchefstroom nie

Die verdedigende Varsity Netbal kampioene, NWU Pukke, gaan nie vanjaar hulle titel op tuisgrond verdedig wanneer Varsity Netbal op Maandag, 5 September afskop nie. Die rede hiervoor is dat die SANDF Kopanelo netbalbaan se oppervlakte nie goed genoeg vir netbal is nie. Daar is ook te min spasie vir toeskouers. Volgens Jana Arlow, Varsity Netbal …

Die verdedigende Varsity Netbal kampioene, NWU Pukke, gaan nie vanjaar hulle titel op tuisgrond verdedig wanneer Varsity Netbal op Maandag, 5 September afskop nie.
Die rede hiervoor is dat die SANDF Kopanelo netbalbaan se oppervlakte nie goed genoeg vir netbal is nie. Daar is ook te min spasie vir toeskouers.

Volgens Jana Arlow, Varsity Netbal bestuurder, bied hulle die wedstryde vir al die universiteite aan, maar NWU Pukke het bevestig dat hulle nie die jaar kan aanbied nie.

Hierdie baan by die Kopanelo Saal is die vorige jare gebruik wanneer Pukke tuiswedstryde gespeel het.

Volgens Heléne Botha, bestuurder van damessport by NWU Pukke, is die oppervlak te swak.

“Ons span kan ook nie onderdak oefen nie en oefen merendeels buite vir hierdie toernooi. Die probleem is dat daar ‘n groot verskil tussen buite en binneshuise bane is,” meen Botha.

Dit beteken dat die Pukke nou in Johannesburg, Stellenbosch en Kaapstad hulle wedstryde gaan speel en meer tyd weg van hulle tuisbasis sal wees.

Tog glo Botha dat die span steeds sal presteer vanjaar en dat hulle die nodige kennis en talent het om op die einde van die dag te seëvier.
“Ons het ‘n sterk span met baie karakter wat weet om te wen,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button