SportSport

Van Rooyen weer ere-president van die Buiteklub

Op Donderdag, 8 September het die Sentrale Komitee van die Buiteklub hulle algemene jaarvergadering gehou. Die stand van die klub is bespreek en die finansiële state toon dat die klub gesond is. Anton van Rooyen is herkies as die ere-president van die Buiteklub. Verskeie gholfkompetisies is ook die afgelope week by die Potchefstroomse Buiteklub gehou. …

Op Donderdag, 8 September het die Sentrale Komitee van die Buiteklub hulle algemene jaarvergadering gehou.

Die stand van die klub is bespreek en die finansiële state toon dat die klub gesond is. Anton van Rooyen is herkies as die ere-president van die Buiteklub.

Verskeie gholfkompetisies is ook die afgelope week by die Potchefstroomse Buiteklub gehou.

*Op 7 September het die Buiteklub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die wenners was:

1e – Daan van Vuuren met 42 punte

2e – Boet Schoeman met 40 punte

3e – Johan du Plessis met 39 punte

*Op Vrydag 9 September het Laerskool President Pretorius hulle fondsinsameling by die Buiteklub aangebied. Die formaat was ‘n beterbal en die wenners was:

1e – Attie Booyens en NJ du Toit met 49 punte

2e – Johan Turkstra en Eugene du Plessis met 46 punte

3e – J Jordaan en G Joubert met 46 punte

* Op Saterdag, 10 September het Herman Smit die beterbal kompetisie geborg. Die wenners was:

1e – André du Plessis en Annamarie du Plessis met 45 punte

2e – SP Campher en Riaan Swart met 44 punte

3e – Simon Pretorius en Nick Kalamaras met 44 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button