Du Toit’s se sportvlam brand hoog
Dorita du Toit het nasionale kleure ontvang vir driesprong en paalspring in die 40-45 ouderdomsgroep. Sy gaan Suid-Afrika by die Wêreld Meesters Atletiek in Perth in Australië verteenwoordig vanaf 26 tot 29 Oktober in beide items. In albei is sy tans derde op die wêreldranglys en het dus ‘n uitstekende kans op medaljes. Haar dogter …
Dorita du Toit het nasionale kleure ontvang vir driesprong en paalspring in die 40-45 ouderdomsgroep. Sy gaan Suid-Afrika by die Wêreld Meesters Atletiek in Perth in Australië verteenwoordig vanaf 26 tot 29 Oktober in beide items. In albei is sy tans derde op die wêreldranglys en het dus ‘n uitstekende kans op medaljes.
Haar dogter Idele, ‘n graad agt-leerder aan Potchefstroom Volkskool, het verlede naweek by die Noordwes kortbad swemgala by Pecanwood die volgende toekennings ontvang vir die 2015/16 swemseisoen:
1) Junior victrix ludorum
2) NW Swemkampioenskappe: Dogters 12 en 13 jaar – Beste swemmer
3) NW Swemkampioenskappe: Beste prestasie junior swemmer (100 meter vryslag)



