SportSport

Potchefstroom Swemklub gee pas aan by Pecanwood

Swemmers van Potchefstroom Swemklub het tydens die Noordwes kortbad swemkampioenskap wat by Pecanwood gehou is, uitsonderlik presteer. Die swemmers het 10 rekords gebreek. Verder is 25 eerste plekke, 23 tweede plekke en 20 derde plekke behaal. Potchefstroom Swemklub is baie opgewonde oor die prestasie van jong swemmers wat dui op hope talent en diepte in …

Swemmers van Potchefstroom Swemklub het tydens die Noordwes kortbad swemkampioenskap wat by Pecanwood gehou is, uitsonderlik presteer.

Die swemmers het 10 rekords gebreek. Verder is 25 eerste plekke, 23 tweede plekke en 20 derde plekke behaal.

Potchefstroom Swemklub is baie opgewonde oor die prestasie van jong swemmers wat dui op hope talent en diepte in die span. Die jong 100m vryslag aflosspan wat ‘n goue medalje verower en ook ‘n rekord verbeter het, is ‘n goeie voorbeeld daarvan. Dié span het bestaan uit Michael Bernardo (9), Joël Kriek (10), Tumé van Niekerk (10) en Alexia Delicado (10).

Die 6-jarige Scarlett Botes het ‘n rekord laat spat in die 25m borsslag. Sy het ook ‘n goue medalje verower in die 25m vlinderslag. Alexia Delicado het ‘n rekord in die 50m rugslag verbeter. Sy het ook goue medaljes verower in die 50m borsslag, 50m vryslag, 100m IM en 50m vlinderslag. Senior swemmers het ook nie teleurgestel nie. Eliz-Maric Cronje het ‘n rekord verbeter in die 100m IM, asook goud in 100m en 50m vryslag. Zoli de Kock het ‘n rekord laat spat in die 50m vlinderslag . Bianca Opperman het ‘n nuwe rekord opgestel vir die 50m borsslag en ‘n goue medalje vir die 100m borsslag verower.

Chazél Orton het vier rekords laat spat in die 50m borsslag, 50m rugslag, 50m vryslag en 100m I.M. Verder het sy goud verower in die 50m vlinderslag en 100m vryslag. Nina Slaughter het twee rekords verbeter in die 50m rugslag en 100m IM. Sy het ook goue medaljes verower vir 50m borsslag, 100m borsslag en 100m rugslag. Potchefstroom Swemklub het die 2016/2017 swemklub op ‘n hoogtepunt afgeskop en is reg vir die res van die seisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button