SportSport

Gimmies se bergfiets-dogters trap nasionale eerste plek los

Gimmies se bergfietsdogters het vanjaar  hulle beste jaar nog in die saal, met ‘n algehele oorwinning in die 2016 Nasionale Spur Bergfietsry-kampioenskappe vir Hoërskole (Spurreeks). Dié kampioenskappe het op Saterdag 8 Oktober by Bekkerskool in Magaliesburg plaasgevind. Hulle is dus nou die  beste in die land in die dogters-afdeling. Met sterre soos Danielle Strydom en …

Gimmies se bergfietsdogters het vanjaar  hulle beste jaar nog in die saal, met ‘n algehele oorwinning in die 2016 Nasionale Spur Bergfietsry-kampioenskappe vir Hoërskole (Spurreeks).

Dié kampioenskappe het op Saterdag 8 Oktober by Bekkerskool in Magaliesburg plaasgevind. Hulle is dus nou die  beste in die land in die dogters-afdeling. Met sterre soos Danielle Strydom en Joné van Eeden in die groep is dit geen wonder nie.

Die top vyf-skole in die algehele afdeling (dogters en seuns gekombineerd) in volgorde was: Menlopark (Gauteng), Paarl-Vallei (Wes-Kaap), Transvalia (Gauteng), Potchefstroom Gimnasium (Noordwes) en Thomas Moore College (KZN).  Die volgende ryers het onder die top vyf plekke op die dag geëindig: Danielle Strydom (1ste), Brendan van Eeden (3de), Jone van Eeden (3de) en Natasha Roets (5de).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button