SportSport

Noordwes eindig derde in nasionale toernooi

Vanaf 10 tot 14 Oktober het die Noordwes Gholfunie die Nasionale Inter Provinsiale Toernooi vir Mid Amateurspelers (ouer as 30 jaar) by die Rustenburg Gholfklub aangebied. 14 spanne van regoor die land het in twee afdelings meegeding. Die Noordwes Gholfunie is in die A-afdeling en het teen die groter unies meegeding. Mededinging was taai en …

Vanaf 10 tot 14 Oktober het die Noordwes Gholfunie die Nasionale Inter Provinsiale Toernooi vir Mid Amateurspelers (ouer as 30 jaar) by die Rustenburg Gholfklub aangebied. 14 spanne van regoor die land het in twee afdelings meegeding.

Die Noordwes Gholfunie is in die A-afdeling en het teen die groter unies meegeding. Mededinging was taai en die Noordwesspan het algeheel derde in die A-afdeling geëindig, ‘n verbetering van twee posisies op verlede jaar. Volgende jaar vind die toernooi plaas by Oubaai naby George.

Verskeie gholfkompetisies is die afgelope week by die Potchefstroomse Buiteklub gehou.
*Woensdag 12 Oktober het die klub ‘n Medal-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e Joe Wood met ‘n netto telling van 67
2e Anton de Waal met ‘n netto telling van 68
3e SP Campher met ‘n netto telling van 71
*Vrydag 14 Oktober het die Hannetjie van der Merwe-groep hulle gholfdag by die klub aangebied. Die wenners was:
1e Tinus Colyn en Jurie Fritz met 52 punte
2e Goggie en Nina van Heerden met 52 punte
3e Eugene du Plessis en Johan Turkstra met 51 punte
4e K. Swanepoel en M. van der Merwe met 43 punte
*Saterdag 15 Okotber het Herman Smit Makelaars die beterbal kompetisie geborg. Die wenners was:
1e Nelis Holtzhausen en Danie Blignaut met 46 punte
2e Annemarie du Plessis en Rina van Zyl met 46 punte
3e Anton en Hannatjie van Rooyen met 45 punte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button