Volkies se o.15 is derde in SA vir ‘n rede
Volkies is weer die Noordwes o.15 kampioene en hierdie wenspan is besig om naby aan die land se beste te kom. Met hulle 126 lopie oorwinning teen Gimmies verlede Saterdag, 15 Oktober, het hulle net weer bewys hoe om gehalte krieket te speel. Hulle kaptein, Van Zyl Smit is aan die voorhand van hierdie krieketfilosofie …
Volkies is weer die Noordwes o.15 kampioene en hierdie wenspan is besig om naby aan die land se beste te kom. Met hulle 126 lopie oorwinning teen Gimmies verlede Saterdag, 15 Oktober, het hulle net weer bewys hoe om gehalte krieket te speel. Hulle kaptein, Van Zyl Smit is aan die voorhand van hierdie krieketfilosofie en het vanjaar reeds talle paaltjies en lopies aangeteken.
Sy 156 in dié eindstryd het sy span op koers gestel om ‘n massiewe 360/4 in 50 boulbeurte te kry. Gimmies kon slegs 234/9 in hulle beurt aanteken, met Jaco Viljoen wat 4/37 neem en Gimmies se Ronnie Hendricks wat 56 by die telling voeg. Die meteoriese reis van Hoër Volkskool se o.15 A-krieketspan is iets waarop enige Potchefstromer kan trots wees.


Om tot in die top 10 skole in die land deur te breek is reeds ‘n massiewe prestasie, maar om top drie te haal is werklik besonders. Eksponensiële groei kan aan die span gekenmerk word wie se boulers en kolwers werklik die geleentheid gebruik om hulle krieketvaardighede met elke kans te verbeter.



