SportSport

Monnas maak ligte werk van brawe Volkies

Volkies se Noordvaaldroom is verby danksy ‘n ongelukkige kolfineenstorting teen Hoërskool Monument wat dié Potchefstromers na ‘n lang en suksesvolle seisoen uiteindelik gekelder het. In hierdie wedstryd wat verlede Saterdag, 29 Oktober by Monument plaasgevind het, het die tuisspan ‘n 146 lopie oorwinning behaal danksy uitstekende kolfwerk van Ethan Klassen met 148* wat sy span …

Volkies se Noordvaaldroom is verby danksy ‘n ongelukkige kolfineenstorting teen Hoërskool Monument wat dié Potchefstromers na ‘n lang en suksesvolle seisoen uiteindelik gekelder het.

In hierdie wedstryd wat verlede Saterdag, 29 Oktober by Monument plaasgevind het, het die tuisspan ‘n 146 lopie oorwinning behaal danksy uitstekende kolfwerk van Ethan Klassen met 148* wat sy span na ‘n totaal van 283/8 gestuur het. Volkies se beste boulers was Stephan Jansen met 2-30 en Christopher de Freitas met 3-50.

Volkies het ‘n nagmerrie-begin gehad in hulle lopiejaagtog met hulle voorste lopiemaker Van Zyl Smit wat vir ‘n nulletjie uitgehardloop is. Kort daarna is Christiaan Bester vir 4 uit en slegs Timothy Malan met 74 kon iets regkry. Jaco Viljoen kon hom met 27 bystaan, maar na dit het elke ander Volkie kolwer onder die druk misluk. Malan het briljant gekolf en tot met die laaste paaltjie was hy daar soos ‘n rots. Op die ou einde is hy ook uitgehardloop en so is Volkies se wedstryd en kanse ook verby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button