SportSport

Potch Dorp hou spoggerige legends-funksie

Alle aanduidings is daar dat die eens magtige Potchefstroom Dorp Rugbyklub, alom bekend as Potch Dorp, eersdaags weer ‘n faktor in die Luiperd rugbyligas gaan wees. Geoordeel aan die sukses van verlede week se noenmaal, het  baie persone hande gevat en is die ywer beslis daar om ‘n sukses van die poging te maak. Hierdie …

Alle aanduidings is daar dat die eens magtige Potchefstroom Dorp Rugbyklub, alom bekend as Potch Dorp, eersdaags weer ‘n faktor in die Luiperd rugbyligas gaan wees.

Geoordeel aan die sukses van verlede week se noenmaal, het  baie persone hande gevat en is die ywer beslis daar om ‘n sukses van die poging te maak.

Hierdie poging geniet meer openbare steun as vorige pogings. Bykans 400 mense het die geleentheid bygewoon, onder andere vorige presidente soos Jan Fourie, Piet Brand en Willie Victor, asook administrateurs soos Robert en Christine Thomas en oud-spelers soos Sakkie Raath, Piet Jordaan, Eugene Hare en talle ander.

Daar is luister aan die aand verleen met die teenwoordigheid van die Springbok legendes soos Stefan Terblanche, Ray Mordt, Warren Brosnihan, Krynauw Otto en Danie Gerber. Frank Redelinghuys, wat as voorsitter by dr. Jan Janse van Rensburg oorgeneem het, en sy komitee, verdien lof vir die poging en verdien ook steun van alle rugbyondersteuners in die stad. Albert Griessel is ook by dié funksie as Potch Dorp se Sportman van die Jaar aangewys terwyl Ruan Kruger as Junior Sportman bekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button