SportSport

Potchefstroom Rolbalklub se vroue kraai koningin

Nadat die Potchefstroom Rolbalklub se mans die Noordwes Rolbal Premierliga gewen het, het die vrouespan die Eersteliga na ‘n titaniese uitspeelstryd teen Mahikeng gewen en speel dus ook die volgende seisoen in die Premierliga. Die Premierligaspan wat afskuif na die Eersteliga, is die Buiteklub se vrouespan wat laaste geëindig het in die Premierliga. In die …

Nadat die Potchefstroom Rolbalklub se mans die Noordwes Rolbal Premierliga gewen het, het die vrouespan die Eersteliga na ‘n titaniese uitspeelstryd teen Mahikeng gewen en speel dus ook die volgende seisoen in die Premierliga. Die Premierligaspan wat afskuif na die Eersteliga, is die Buiteklub se vrouespan wat laaste geëindig het in die Premierliga.

In die finaal teen Mahikeng, wat onder groot belangstelling by Potch Dorp gespeel is, was sake presies gelyk na die vier dissiplines gespeel is: enkels, viere, pare en driespel. Die twee spanne het op ‘n valbylstryd besluit en mekaar weer aangevat in Pare en Driespel. Dorp se vroue het die stryd gewen en is as ligawenners gekroon.

Die mans Eersteliga eindstryd is deur Strathvaal gewen. Dit beteken dat die Stilfontein klub ook ‘n mans en vrouespan in die Premierliga gaan hê. Saterdag vind daar ‘n groot borgdag as fondsinsameling vir die koste van die provinsiale spanne by die Klerksdorp rolbalklub plaas.

Die Noordwes ligas hervat weer in Januarie 2017.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button