Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies gons tydens interhuis

Potchefstroom Gimnasium se atlete het kookwater prestasies tydens die interhuisbyeenkoms wat op Maandag 16 Januarie by die Puk McArthur-stadion gehou is, behaal. Kyk die foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar) Die beste ouderdomsprestasies was: Meisies o.14 – Karmen Fouché – hoogspring (1071), Seuns o.14 – Wian Oosthuizen – verspring (971), Meisies o.15 – Leasha Lourens – …

Potchefstroom Gimnasium se atlete het kookwater prestasies tydens die interhuisbyeenkoms wat op Maandag 16 Januarie by die Puk McArthur-stadion gehou is, behaal.

Kyk die foto’s hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

Die beste ouderdomsprestasies was:

Meisies o.14 – Karmen Fouché – hoogspring (1071), Seuns o.14 – Wian Oosthuizen – verspring (971), Meisies o.15 – Leasha Lourens – gewigstoot (952), Seuns o.15 – Almero Niemand – diskusgooi (981), Meisies o.16 – Marizelle Coetzee – gewigstoot (820) Seuns o.16 – Christiaan van Wyk – spiesgooi (834), Meisies o.17 – Jonette Labuschagne – spiesgooi (828), Seuns o.17 – Donevan du Toit – verspring (844), Meisies o.19 – Rizane van Rooyen – 100 meter (844), Seuns o.19 – Waldouw Smit – spiesgooi (958).

Individuele prestasies is:

Beste baanatleet – Miandi van Staden –  200 meter. Beste hekkiesatleet – Lumka Gebengana – 110m hekkies.

Beste naelloper – Karmen Fouché – 100m.

Beste middelafstand – George Kotze 800m.

Beste spronge – Karmen Fouché hoogspring.

Beste worpe –  Almero Niemand – diskusgooi.

Die onderskeie victor ludorums was:

Juniormeisie – Karmen Fouché,

Juniorseun – Wian Oosthuizen,

Seniormeisie – Nadine Naudé

Seniorseun – Waldouw Smit.

Die sangbeker is deur die Pikke verower, terwyl die spanpunte van die dag soos volg gelyk het: Ankers 705, Grawe 735 en Pikke 977. As bogenoemde prestasies in ag geneem word, kan Gimmies weer soos in die vroeë seisoen, ‘n uitstekende seisoen beleef. Om nog meer glans aan die dag te verleen, het 18 interhuisrekords ook in die slag gebly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button