SportSport

Pukke is Varsity Krieketkonings met legendariese oorwinning!

‘n Briljante boulvertoning het die fondasie gelê vir Pukke se eerste Varsity Krieket oorwinning met vier paaltjies vanaand op Senwespark teen UP-Tuks om grootskaalse euforie vir die tuisspan te bring. Sodoende is Pukke nou die Varsitykampioene en klubkampioene en met reg die konings van die krieketveld. Die atmosfeer was absoluut elektries gewees met ‘n volgepakte …

‘n Briljante boulvertoning het die fondasie gelê vir Pukke se eerste Varsity Krieket oorwinning met vier paaltjies vanaand op Senwespark teen UP-Tuks om grootskaalse euforie vir die tuisspan te bring.

Sodoende is Pukke nou die Varsitykampioene en klubkampioene en met reg die konings van die krieketveld.

Die atmosfeer was absoluut elektries gewees met ‘n volgepakte stadion wat hierdie Varsity Krieket eindstryd aanskou het. Dit was nie eenrigtingverkeer vir Pukke se kolwers gewees nie en hulle moes vir elke lopie veg om by Tuks se total van 116/8 te kom. Op die ou einde was Edrich Lubbe (20) en Jovuan van Wyngaardt (12) die helde wat die bekerwenners oor die lyn gedra het by hulle totaal van 117/6 te kom.

Daar was senuweeagtige oomblikke maar op die ou einde het Pukke se wilskrag en deursettingsvermoë daartoe gelei dat hulle as kampioene gekroon is.

Blydskap was aan die orde van die aand en Pukke sal nog vir lank hierdie massiewe oorwinning onthou.

UP Tuks het eerste gekolf maar vinnig vir Donavon Ferreira verloor met Pukke kaptein Wihan Lubbe wat ‘n uitstekende vangskoot benut het om Tuks op 11/1 te laat.

Jiveshan Pillay het die krane vroeg oopgedraai en ‘n vinig 24 aangeteken, maar in ‘n spasie van twee boulbeurte het Ruan Haasbroek se vangskoot van sy eie boulwerk en ‘n uitstekende gooi van Janneman Malan vit twee Tukkies paaltjies gesorg. Eers is Tuks kaptein Tony de Zorzi vir 13 uitgehardloop en toe het Pillay op 43/3 geval.

Die situasie het vir Tuks vererger toe Pukke ‘n string paaltjies in drie boulbeurte behaal het om Tuks te laat steier op 74/7. Die wedstryd was nou in Pukke se guns en die skare het elke paaltjies met verdowende ondersteuning gevier.

Die staatmakers vir Pukke in hierdie uitstekende boulvertoning was weer eens kaptein Lubbe met 3/16 wat Tuks op die agtervoet gehou het. Julian Soutter was ook uitstekend met sy 1/11 om Tuks by ‘n lae totaal te hou.

Pukke het goed met die kolf begin en het 15 sonder verlies behaal voordat Migael Pretorius van Janneman Malan vir 4 uitgeboul het. Die held van vanmiddag se halfeindstryd het vir Lubbe by die kolfblad vergesel en hierdie twee het stabiliteit besorg, voordat Lubbe vir 19 uitgeboul is. Ackerman was die sleutel in Pukke se jaagtog vir ‘n oorwinning en hy het weer bewys dat hy senuwees van staal het. Hy het wel sy paaltjie verloor met de telling op 80/4 en skielik het Pukke effens benoud geraak en nog twee paaltjies verloor met die telling op 6/88.

Met nog 29 lopies wat benodig is, het Van Wyngaardt vir Lubbe by die kolfblad vergesel en hierdie twee het bewys wat in hulle steek deur glimlagte op elke Puk en Potchefstromer se gesigte te sit deur die wenlopies te slaan met 7 balle oor.

4 Februarie 2017 sal vir altyd Pukke se dag wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button