SportSport

Elf rolbalspelers van die stad speel provinsiaal

Elf rolbalspelers van die stad se twee klubs is ingesluit in Noordwes rolbal se provinsiale spanne wat Sondag by Klerksdorp Rolbalklub teen Noord-Vrystaat speel. Die wedstryde is ter voorbereiding vir die interprovinsiale toernooie wat later vanjaar plaasvind. In die mans A-span speel Pikkie Abbott van Potchefstroom Rolbalklub. Die twee vroue van die klub in die …

Elf rolbalspelers van die stad se twee klubs is ingesluit in Noordwes rolbal se provinsiale spanne wat Sondag by Klerksdorp Rolbalklub teen Noord-Vrystaat speel. Die wedstryde is ter voorbereiding vir die interprovinsiale toernooie wat later vanjaar plaasvind.

In die mans A-span speel Pikkie Abbott van Potchefstroom Rolbalklub. Die twee vroue van die klub in die Vroue A-span is Corrie Breitenbach en Ellie van Dijk. Ian Nieuwoudt en Chris de Witt van die Buiteklub se rolbalklub (PCC) verteenwoordig die mans B-span. Gerrit Janse van Rensburg van Potchefstroom Rolbalklub is ook in die span.

Die Potchefstroom Rolbalklub het vier lede in die seniorspanne: twee egpare: Jean en Rose du Plessis en Ronnie en Brenda Palmer. Cathie Stewart van PCC is ook in die span.

*In die Noordwes Parekampioenskap wat verlede naweek plaasgevind het, het PCC se Chris en Michael de Witt tot die halfeindstryd gevorder waar hulle vasgeval het, maar met bronsmedaljes teruggekom.

*Pierre Breitenbach van die Potchefstroom Rolbalklub is genooi om op 12 Februarie aan die SA Enkelspel Meesterskampioenskap deel te neem. Die toernooi vind by die Wanderers rolbalklub in Johannesburg plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button