SportSport

Potchefstroom Ope hierdie Sondag by Buiteklub

Eerskomende Sondag, 19 Februarie, word die Potchefstroom Ope by die klub aangebied. Die toernooi maak deel uit van die kalender van die Noordwes Gholfunie en prestasies word in ag geneem by die kies van Noordwesspanne. Ongeveer 80 van die top amateur spelers in die provinsie gaan aan die kompetisie deelneem. Ander uitslae vanaf die Potchefstroom …

Eerskomende Sondag, 19 Februarie, word die Potchefstroom Ope by die klub aangebied. Die toernooi maak deel uit van die kalender van die Noordwes Gholfunie en prestasies word in ag geneem by die kies van Noordwesspanne.

Ongeveer 80 van die top amateur spelers in die provinsie gaan aan die kompetisie deelneem.

Ander uitslae vanaf die Potchefstroom Buiteklub:

*Op Woensdag 8 Februarie het die klub ‘n Medal-kompetisie aangebied. Die wenners was:

1e – Johan du Plessis met ‘n netto telling van 68

2e – Albert Britz met ‘n netto telling van 69

3e – Gerrie Badenhorst met ‘n netto telling van 69

*Op Donderdag, 9 Februarie het Brocor die dames se Medal-kompetisie geborg. Die wenners was:

Beste Netto: Nicky Fourie

2de beste Netto: Rina van Zijl

Beste Gross: Hannatjie van Rooyen

Raymond Reinecke en Gert Moorcroft
Raymond Reinecke en Gert Moorcroft

*Op Vrydag, 10 Februarie het die NG Kerk Miederpark hulle fondsinsameling by die Buiteklub gehou. Die formaat was ‘n Beterbal en die wenners was:

1e – Raymond Reinecke en Gert Moorcroft met 51 punte

2e – Manie Smit en Willie Venter met 48 punte

3e – Kaiser Cornelius en Coenie Schoonhoven met 48 punte

*Op Saterdag 11 Februarie het Herman Smit Makelaars die Beterbal kompetisie geborg. Terselfdertyd is die Windhoek Lager Pare gespeel. Die wenners was:

1e – Herman Beukman en Hoener van Heerden met 46 punte

2e – Simon Pretorius en Christo Meintjes met 45 punte

3e – Jaco Connoway en Martinique Sparks met 45 punte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button