SportSport

Redelinghuys voer Pukke Maandag teen Ikeys voor tuisskare aan

Pukke gaan vir die eerste keer vanjaar sonder staatmaker-kaptein en agtsteman, Jeandré Rudolph wees weens ‘n besering. In nog ‘n eerste sal die agtsteman en Marno Redelinghuys die leisels as kaptein teen UCT Ikeys komende Maandag (20 Februarie) neem. Redelinghuys is ‘n ervare speler vir Pukke en dit sal interessant wees hoe hy as speler …

Pukke gaan vir die eerste keer vanjaar sonder staatmaker-kaptein en agtsteman, Jeandré Rudolph wees weens ‘n besering. In nog ‘n eerste sal die agtsteman en Marno Redelinghuys die leisels as kaptein teen UCT Ikeys komende Maandag (20 Februarie) neem.

Redelinghuys is ‘n ervare speler vir Pukke en dit sal interessant wees hoe hy as speler die ekstra druk sal hanteer en sy spelers sal motiveer. Die kanse is goed dat Redelinghuys homself goed van sy taak sal kwyt en juis met sy spel sal wil inspireer.

Puk-afrigter Jonathan Mokuena is genoodsaak om ‘n paar veranderinge in die span teen UCT-Ikeys vir hulle tuiswedstryd te maak. Rudolph soos voorheen genoem sukkel met ‘n besering, terwyl Henko Marais ook op die krukkelys is. Jaap Pienaar staan vir Marais op binnesenter in saam met Elden Schoeman op buitesenter wat van sy siekte verlede week herstel het.

Schoeman se terugkeer sal vir Mokuena verligting bring, veral dat Schoeman tot dusver een van die uitblinkers in die agterlyn is.  Schalk Hugo sal weer die nommer 10 trui dra nada thy van ‘n kniebesering herstel betyds herstel het.

Daar is ook ‘n paar posisionele veranderings in die agterlyn met Tapiwa Mafura wat heelagter toe skuif in Lungelo Gosa se plek. Justin Newman sal die nommer 11 trui dra. Marcel Henn kry ook ‘n welverdiende kans in die nommer ses trui en die flank van Villagers Manskoshuis sal sy staal teen Ikeys wil wys.

“Ons het ‘n sisteem dat ons, ons spelers wil roteer en vir almal geleenthede gee om te speel. Die beserings maak dit in ‘n mate makliker en gee spelers kan om te rus, terwyl ander wat nie altyd speel nie, dan nie negatief sal raak nie, omdat hulle wel speelkans kry Maandag,” het Mokuena genoem.

Mokuena het ook genoem dat hy hard gaan fokus om die spelers fisises en geestelik gereed te kry vir Maandag se wedstryd teen Ikeys, veral na verlede Maandag se nederlaag teen Maties.

“Ons het ons ondersteuners teleurgestel en nie ons beste wedstryd gespeel nie. Daar was druk en toe het ons dinge buite ons karakter gedoen. Dit was baie bitter gewees na die tyd. In ‘n sin was dit goed om te sien dat die spelers teleurgesteld was en wil verbeter en sake reg stel,” het hy genoem.

Mokuena glo ook dat die spelers veral hulle beste weer voor die tuisskare gaan gee. Tog gaan hulle nie Ikeys onderskat nie.

“UCT het selfvertroue nadat hulle Shimlas geklop het en ons sal deeglik videoanalise doen om te kyk wat hulle sterkpunte is,” het Mokuena genoem.

Pukke se span teen UCT-Ikeys

  1. Tapiwa Mafura; 14. Jimmy Mpailane 13. Elden Schoeman 12. Jaap Pienaar 11. Justin Newman; 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September; 8. Marno Redelinghuys (kaptein), 7. Boela Venter, 6. Marcel Henn, 5. Walt Steenkamp, 4. Loftus Morrison, 3. Kabelo Motloung, 2. Louis van der Westhuizen, 1. Dolf van Deventer. Reserwes: 16. Dane van der Westhuizen, 17. Panda Dekker, 18. Morné Strydom, 19. Estehan Visagie, 20. Wandile Mazibuko, 21. Caleb Louw, 22. Nkululeko Mcuma, 23. Lungelo Gosa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button