SportSport

Gimmies beïndruk by top skole-interhoër

Gimmies het op Woensdag 1 Maart aan die top skole-interhoër in die land deelgeneem wat op die Harry Oppenheimer-stadion gehou is. 16 van die beste atletiekskole het hier deelgeneem. Die finale puntestand in groep twee was as volg: Zwartkop 739, Noordheuwel 729, Potch Gimmies 671, KHS 654, Transvalia 650, EG Jansen 605, Randburg 550 en …

Gimmies het op Woensdag 1 Maart aan die top skole-interhoër in die land deelgeneem wat op die Harry Oppenheimer-stadion gehou is.
16 van die beste atletiekskole het hier deelgeneem.
Die finale puntestand in groep twee was as volg: Zwartkop 739, Noordheuwel 729, Potch Gimmies 671, KHS 654, Transvalia 650, EG Jansen 605, Randburg 550 en Rustenburg 492. Gimmies se seunsspan was eerste en die dogtersspan vierde. Eerste plekke is behaal deur:
Almero Niemann (2), Karmen Fouché, Ané Strydom, Danielle Verster, Miandi van Staden, Dané Holtzhausen, Leonie Maree, Jana Steinman, Philip Botha, Morné Stafford, Nardus Swart, Alexio de Waal, Donevan du Toit, Dirkie Louw, Maritz Pieters en Roubert Rousseau. Daar is 17 tweede plekke en 20 derde plekke behaal.
Die deelnemende skole in groep 1 was Prestige College, Helpmekaar, Monnas, Kemptonpark, Garsfontein, Waterkloof, Nelspruit en Affies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button