Potchefstroom Swemklub se swemmers maak groot opslae
Tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Swemkampioenskappe (SAJN) in Durban en die Vlak 3 streekskampioenskappe in Pretoria het die swemmers van Potchefstroom Swemklub uitstekend presteer. Idelé du Toit, Bianca Opperman, Theo Ferreira en Chazél Orton het kwalifiseer om aan die SAJN deel te neem. Tydens dié gala het Du Toit ook gekwalifiseer in die 100 …

Tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Swemkampioenskappe (SAJN) in Durban en die Vlak 3 streekskampioenskappe in Pretoria het die swemmers van Potchefstroom Swemklub uitstekend presteer.
Idelé du Toit, Bianca Opperman, Theo Ferreira en Chazél Orton het kwalifiseer om aan die SAJN deel te neem. Tydens dié gala het Du Toit ook gekwalifiseer in die 100 m vryslag, 200 m IM en 100 m vlinderslag om aan die Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe deel te neem. Du Toit het haar onder die top 10 dames swemmers in haar ouderdomsgroep op nasionale vlak gevestig. Opperman het ‘n 10de plek behaal in die 50 m borsslag, Orton ‘n 12de in 200 m rugslag en Ferreira ‘n 15de plek in 100 m vlinderslag. Al vier het persoonlike beste tye tydens die byeenkoms opgestel.
Swemmers wat aan die Vlak 3 streekbyeenkoms verlede naweek in Pretoria by die Hillcrest swembad deelgeneem het en tot finale deurgedring het wat hulle in die Top 10 posisies geplaas het is: Anja Boucher, Rudi van Graan, Nina Slaughter, William Stephen Slaughter, Micha Kriek, Alexia Delicado en Botha du Toit. William Stephen Slaughter was die groot uitblinker en het vyf medaljes verower (1 goud in 50 m vlinderslag, 3 silwer in 50 m vryslag, 100 m vryslag en 100 m vlinderslag en 1 brons in 200 m vryslag). Micha Kriek het ook nie teleurgestel en ‘n gouemedalje gewen in die 50 m vryslag. Die klub se aflosspanne het ook ‘n 5de en 6de plek behaal.



