Willows gholftoernooi gaan vir groot opwinding sorg dié paasnaweek
Die skilderagtige Potchefstroom Buiteklub op die walle van die Mooirivier is elke jaar verantwoordelik vir twee spog toernooie wat honderde besoekers na die stad lok, met die gepaardgaande finansiële inspuiting vir die stad se sakesektor. Een van die toernooie is die gewilde Mielieland rolbaltoernooi, een van die grootste vriendskaplike rolbaltoernooie in die land, en die …
Die skilderagtige Potchefstroom Buiteklub op die walle van die Mooirivier is elke jaar verantwoordelik vir twee spog toernooie wat honderde besoekers na die stad lok, met die gepaardgaande finansiële inspuiting vir die stad se sakesektor.
Een van die toernooie is die gewilde Mielieland rolbaltoernooi, een van die grootste vriendskaplike rolbaltoernooie in die land, en die ander is die Willows gholftoernooi, wat elke jaar oor die Paasnaweek vir vier dae van opwindende gholf sorg. Die Willows het in die tagtigerjare van die vorige eeu begin, maar het weer doodgeloop. Die toernooi is egter sedert 1992 elke jaar op die gholfkalender.
Vanjaar het meer as 100 spelers ingeskryf, onder andere Pat en Mike McIntosh van Engeland wat elke jaar die toernooi by hulle besoek aan Suid-Afrika insluit.
Spel begin elke dag om 07:30 met die laaste groep wat om 12:10 afslaan. Daar word elke dag in ‘n ander formaat gespeel met pryse vir elke dag en die groot prys vir die wenners aan die einde van die vierde dag. Die besgeklede paar sal ook beloon word met ‘n prys. Elke deelnemer ontvang ‘n geskenkpakkie wat ook die gesogte Willows gholfhemp insluit. Tuisblyers kan gerus ‘n draai gaan maak by die Buiteklub om die gholf te geniet.
Ander nuus van die klub:
*Op Woensdag, 5 April het die Klub ‘n IPS kompetisie aangebied. Die uitslae was:
1e – Coenie Schoonhoven
2e – Louw Geyser
3e – Henri Swanepoel
*Op Vrydag, 7 April het die NG Kerk, Eerste Vesting, hulle fondsinsamelingdag by die klub aangebied. Die formaat was BBPS. Die toernooi is gewen deur Rikus Vermooten en Brian Alexander
*Op Saterdag, 8 April het Herman Smit Makelaars die Beterbal kompetisie geborg. Die wenners was:
1e Plek – Willie en Millicent Victor
2e Plek – Hendrik Ungerer en Fanie Hattingh
3e Plek – Martin Botha en Stephan Allen.



