SportSport

Wonderwerk neem Gimmie na SA’s

‘n Wonderwerk is die enigste manier om Potchefstroom Gimnasium se skitteratleet, Donevan du Toit, se atletiekreis vanjaar te beskryf. ‘n Reis waar Donevan alles van diep teleurstelling, genesing, opgewondenheid en algehele tevredenheid moes ervaar. “Dit het alles by die huissport begin toe ek aan ‘n hekkiesitem deelgeneem het. Ek het op my eie gehardloop, maar …

‘n Wonderwerk is die enigste manier om Potchefstroom Gimnasium se skitteratleet, Donevan du Toit, se atletiekreis vanjaar te beskryf.

‘n Reis waar Donevan alles van diep teleurstelling, genesing, opgewondenheid en algehele tevredenheid moes ervaar.

“Dit het alles by die huissport begin toe ek aan ‘n hekkiesitem deelgeneem het. Ek het op my eie gehardloop, maar na die eerste hekkie het my voet gebuig toe ek skeef getrap het. Dit was in daardie stadium baie seer, maar ek het toe die aflos en 400 meter verder  gehardloop.”

In daardie Januarie het hierdie atleet gehoor dat hy ‘n fraktuur in sy voet gekry het. Die dokter het hom ingelig dat hy ses weke buite  aksie sou wees. Sodoende sou hy die Interhoër  en ook die SA kampioenskappe misloop. Dit was ‘n bitter donker tyd vir Du Toit, maar sy geloof het hom sterk gehou.

“In daardie stadium het ek niks gedoen nie en dit was baie frustrerend omdat ek so gewoond was om die hele tyd te oefen en besig te wees. My tannie en ma het my wel baie moed ingepraat, wat gehelp het.”

Na slegs drie weke kon Donevan weer hardloop en bo sy eie verwagtinge het hy ‘n 10.98 in die 100 meter by die Interhoër in sy eerste keer terug op die baan behaal.

“Ek kon dit self nie glo nie en dit het my net bewys hoe getrou die Here is. Dit is bitter moeilik om onder 11 sekondes te hardloop, veral as ‘n mens lank uit aksie was. Die Here weet hoe ek na die atletiekseisoen uitgesien het en met baie genade is ek toe SA’s toe einde Maart.”

Dit is hier waar Donevan juis bewys het dat die besering geen effek op hom gehad het nie, met ‘n persoonlike beste tyd van 10.71 in die semi’s. In die finaal het ek 10.89 gehardloop en toe vyfde plek in die finaal behaal,” sê Donevan tevrede.

Volgens Donevan het die hele ervaring hom ook laat besef dat atletiek nie alles is nie en dat daar meer in die lewe is om voor te werk.

“Natuurlik wou ek graag ‘n medalje gekry het, maar net om in die top agt naelloper in my o.17 groep te wees, is klaar vir my ongelooflik. Ek het wel in die 4X100 meter aflos ‘n brons medalje gekry, wat baie positief was.” “Met my besering het ek baie vir gebed gevra en ook self baie vir genesing gebid. Alle eer aan die Here dat ek so vinnig herstel het. As ek nie herstel het nie sou my atletiekseisoen verby wees voor dit eintlik begin het. Mens moet nooit moed opgee nie en altyd nederig bly in jou sukses.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button