SportSport

Bailliepark hou Welpie rugbydag dié Saterdag

Laerskool Bailliepark hou op 6 Mei ’n Welpie rugbydag in samewerking met die Classic Clash by Boys High. Die Welpies is rugbyspelers van graad R tot graad 2. Die dag word aangebied by Boys High en vind plaas van 08:00 tot 14:00. Daar gaan ‘n vlooimark met ’n verskeidenheid goedere vir oud en jonk te …

Laerskool Bailliepark hou op 6 Mei ’n Welpie rugbydag in samewerking met die Classic Clash by Boys High.
Die Welpies is rugbyspelers van graad R tot graad 2.
Die dag word aangebied by Boys High en vind plaas van 08:00 tot 14:00. Daar gaan ‘n vlooimark met ’n verskeidenheid goedere vir oud en jonk te koop wees. Nissan en Daly gaan ook op die dag uitstal. Vir kinders is daar die “Rocket” springkasteel, gesigverf, hare spuit, vang ‘n Coke en hulle gaan ook ‘n wrak met ‘n hamer kan slaan.
Kosse wissel van worsbroodjies tot pannekoek en oliebolle.
Toegang beloop R10 per persoon en R20 per voertuig, wat ‘n volkleur program insluit.
Bring die hele gesin en geniet die dag hier!

Bailliepark se Welpies is gereed vir die aksie Saterdag.
Bailliepark se Welpies is gereed vir die aksie Saterdag.
Bailliepark se Welpies is gereed vir die aksie Saterdag.
Bailliepark se Welpies is gereed vir die aksie Saterdag.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button