SportSport

Noordwes lewensredders weer nasionale kampioene

Vyf van Potchefstroom se lewensredders was die jaar deel van die Harties Reflections span van Hartbeespoortdam wat vir die tweede jaar in ry as die algehele wenners aangewys is in die SA Nasionale Stilwater Lewensreddingkampioenskappe. Die kampioenskappe wat jaarliks in Durban aangebied word, het oor vier dae gestrek en wel vanaf 27 tot 30 April. …

Vyf van Potchefstroom se lewensredders was die jaar deel van die Harties Reflections span van Hartbeespoortdam wat vir die tweede jaar in ry as die algehele wenners aangewys is in die SA Nasionale Stilwater Lewensreddingkampioenskappe.

Die kampioenskappe wat jaarliks in Durban aangebied word, het oor vier dae gestrek en wel vanaf 27 tot 30 April. Die Harties Reflections span het 19 ander klubs van regoor die land uitgestof om as algehele wenners uit die stryd te tree, nadat Harties eerste in die swembad-afdeling en derde in die strand/see-afdeling geëindig het.

Die lewensredders van Potchefstroom wat vir Harties Reflections deelgeneem en uitgeblink het, is:

Juniors: Aiden Nel met 2 goud, 6 silwer en 1 bronsmedalje, asook ‘n  sesde plek in die oopwaterswem-afdeling. Aiden het algeheel tweede in sy ouderdomsgroep geëindig.

Seniors: Annien Müller het met haar individuele items 1 goud, 3 silwer, 1 brons en vier vierde plekke verower. As deel van die Noordwes aflosspan het sy 1 goud, 3 silwer en 1 brons losgeswem. Sy het ook ‘n algehele derde plek vir o.18 damesswemmers behaal.

Bianca Opperman het met haar individuele items 1 goud, 2 silwer, 1 brons,  ‘n vierde en negende plek behaal. As lid van die Noordwes aflosspan het sy verder 4 goud (waarvan 3 nuwe SA rekords is) ontvang sowel as 2 silwer medaljes. Bianca is gekies vir die ‘High Performance” span waaruit span gekies gaan word om SA oorsee te gaan verteenwoordig aan die einde van die jaar.

Sy is ook gekies vir die Presidensiële span wat Suid-Afrika in Augustus in Durban by die Statebondspele gaan verteenwoordig.

Rudy van Graan het met sy individuele items 2 silwer, 3 brons en ‘n vierde plek behaal. As lid van die Noordwes aflosspan het hy verder 2 brons medaljes verower. Rudy het algeheel derde in sy ouderdomsgroep geëindig.

Botha du Toit het met sy individuele items 1 brons, 3 vierde plekke, ‘n vyfde plek en twee sesde plekke behaal. As lid van die Noordwes aflosspan het hy verder 1 goud en 1 bronsmedalje verower.

Belangstellendes in Potchefstroom wat meer oor die sport of deelname te wete wil kom, kan Elsa du Toit by 076 619 4207 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button