Luiperds vat Griekwas Sondag in Rustenburg aan
Die Luiperds gaan hierdie Sondag (28 Mei) teen die Griekwas op hulle tweede tuisveld in die Noordwes in Rustenburg in die Supersport Uitdaagreeks te staan kom. Hierdie kragmeting tussen die eerste- en tweedespanne op die gesamentlike punteleer gaan rugbykenners se monde laat water en die Luiperds sal niks beter wil hê as om die Griekwas …
Die Luiperds gaan hierdie Sondag (28 Mei) teen die Griekwas op hulle tweede tuisveld in die Noordwes in Rustenburg in die Supersport Uitdaagreeks te staan kom.
Hierdie kragmeting tussen die eerste- en tweedespanne op die gesamentlike punteleer gaan rugbykenners se monde laat water en die Luiperds sal niks beter wil hê as om die Griekwas vir ‘n tweede keer te klop nie.
Die Kwaste is net twee punte voor die Luiperds na vier ligawedstryde. Die wenner in hierdie stryd sal bo-aan die punteleer lê en heel moontlik in ‘n gemakliker kwartfinaal speel. Sondag gaan ‘n rugbyfees in Rustenburg by die Impala Rugbyklub se velde wees. Nie net gaan die Luiperds en Griekwas in die hoofwedstryd speel nie, maar ook die Vrystaat XV en die Griffons in ‘n tweede Supersport Uitdaagtoernooi-wedstryd, sowel as Rustenburg Impala teen QBR in klubaksie in ‘n Gold Cup kwalifiserende wedstryd.
Die aksie begin al van 10:30 af met die bogenoemde klubstryd voor die Supersport Uitdaagwedstryde gaan plaasvind.
Luiperds teen Griekwas: Tapiwa Mafura; Rowayne Beukman, Bradley Moolman, Henko Marais, Gene Willemse; Schalk Hugo, Chriswill September; Juan Language, Marno Redelinghuys, Gideon van der Merwe, Walt Vermeulen, HP Swart, Schalk Jooste, Dane van der Westhuysen, Joe Smith. Reserwes: Chukkie van der Westhuizen, Morné Strydom, Boela Venter, Jeandré Rudolph, Gerhard Nortier, Elden Schoeman, Jimmy Mpailane.
Afskoptye:
Rustenburg Impala t. QBR: 10:30
Griffons t. Vrystaat XV: 12:00
Luiperds t. Griekwas: 14:00




